Troe­tel

Jy sien ge­du­rig ad­ver­ten­sies vir op­reg­ge­teel­de hon­de en kat­te wat teen r4 000 of meer ver­koop word, en jy be­gin won­der of jy nie vir Fie­lies of Ou­nooi moet in­span om jou bank­ba­lans op te beur nie… Ho­kaai, sê Lie­sl Pey­per, só mak­lik is dit nie.

Weg! Platteland - - Teel Met Troeteldiere -

In dui­sen­de Suid­a­fri­kaan­se hui­se word die slui­mer­knop­pie smô­rens om 05:30 ge­druk om vir ou­laas nog ’n bie­tjie slaap, nog ’n bie­tjie slui­mer, in te kry. Maar teen daar­die tyd is Chris­tel­le P­re­to­ri­us ( fo­to regs) van S­har­loms Yor­kie Bree­der in Rooi­hout­laan, Rus­ten­burg, al am­per reg vir mid­dag­e­te.

Daar is im­mers ’n der­tig stuks yorks­hi­re­ter­ri­ërs wat ge­bor­sel, ge­strik en ge­voer moet word, en as dié groot ge­ros­kam af­ge­han­del en die huis reg­ge­trek is, dan be­gin die gróót werk. Bui­te word hon­de­hok­ke skoon­ge­spuit met DC40, ’n ont­smet­tings­mid­del wat kie­me laat les op­sê (maar on­ska­de­lik is vir die­re); bed­de­goed word ge­ruil en land­my­ne op­ge­tel; en tus­sen­deur die dag se voe­ding en ver­sor­ging word die yor­kies vir stap­pies ge­vat en die bed­de­goed voor sla­pens­tyd wéér ge­ruil. ( En die yor­kies klap die vin­gers vir ’n whis­ky­en­melk.– Reds.)

“Die ba­ba­tjies pie­pie heel­dag,” ver­dui­de­lik Chris­tel­le. Eers teen 21:30 kom die P­re­to­ri­us­se tot rus, en dan is hul­le be­hoor­lik poe­gaai.

As jy dus dink jy gaan al die pad bank toe lag met die na­ge­slag van jou op­reg­ge­teel­de dier, moet jy weer dink. Die P­re­to­ri­us­se se roe­ti­ne is min of meer hoe dié van al­le toe­ge­wy­de te­lers

van hon­de en kat­te lyk.

Kyk eers die kat uit die boom

Jy sien dalk kans om klein­tjies te vang en al die an­der prak­tie­se din­ge, maar het jy deeg­lik na­vor­sing ge­doen? “As jy be­lang stel in ’n spe­si­fie­ke ras, moet jy be­lê in ’n paar goeie boe­ke oor te­ling en kat­ge­ne­ti­ka,” sê Ai­mee Hen­drik­sz ( fo­to on­der) van die Bell­ai­mee­kat­te­le­ry in Pie­ter­ma­ritz­burg wat die af­ge­lo­pe d­rie jaar Si­a­me­se en an­der Oos­ter­se kat­te teel. Ai­mee se eer­ste werp­sel Si­a­me­se kat­jies is in 2013 ge­bo­re, maar sy het lank voor dit be­gin op­lees, by kat­skoue ge­kui­er en met te­lers vrien­de ge­maak.

Ai­mee stel voor jy ge­sels spe­si­fiek met te­lers oor din­ge soos voe­ding, pa­ring en hoe pre­sies ’n mens ’n kat help om haar kroos in die wê­reld te b­ring.

“Bied aan om uit te help by ’n kat­te­le­ry so­dat jy eer­ste­hands kan sien hoe kat­jies ge­bo­re word. Baie te­lers ver­eis dat be­gin­ners ’n ge­ste­ri­li­seer­de kat aan­neem van die ras waar­in hul­le be­lang stel so­dat hul­le weet waar­voor hul­le hul­le in­laat.”

Om met troe­tel­die­re te teel is ’n lang­ter­myn­pro­jek, maan Er­na Fa­ber ( fo­to regs) van die Ma­roe­la­ni­bok­ser­te­le­ry dig­by On­der­ste­poort in P­re­to­ria wat al se­dert 1989 sa­ke doen.

“Ie­mand wat be­lang stel om te teel moet so­veel as moont­lik na­vor­sing doen oor die ras. ’n Goeie be­gin­punt is Ku­sa [die Ken­nel U­ni­on of Sout­hern A­fri­ca].” Dié or­ga­ni­sa­sie, sê sy, hou re­kord van al­le ge­re­gis­treer­de hon­de­ras­se, en die per­so­neel sal be­lang­stel­len­des na be­staan­de te­lers of klubs kan ver­wys vir meer in­lig­ting.

Er­na het haar eer­ste bok­ser in 1986 ge­kry. “Ek was die hond se

bok­sers ge­di­ag­no­seer en die me­di­sy­ne hier­voor is baie duur, sê sy.

“Dit is ’n wan­op­vat­ting dat ’n mens sak­ke vol geld maak uit ’n te­le­ry,” sê Ai­mee. “Jy be­taal deur jou nek om din­ge or­dent­lik te doen. Ook op e­mo­si­o­ne­le vlak is dit soms uit­put­tend… Moe­der Na­tuur kan soms baie wreed wees.” Teel gaan jy teel, maar hoe maak ’n mens om ’n op­reg­te maat vir jou hond of kat te kry?

Vrou­li­ke die­re be­hoort ge­woon­lik aan die te­ler, wat dan ’n stoet­man­ne­tjie huur of leen. Die ei­e­naars kom óf oor­een om ’n stoet­ta­rief te hef – ge­woon­lik die prys van ’n k­lein hond­jie of kat­jie – óf die ei­e­naar van die man­ne­tjie kan eer­ste ’n kleintjie uit­soek.

“Wan­neer dit by die paar­ge­deel­te kom, word te­we ge­woon­lik na die reuns ge­neem, maar in uit­son­der­li­ke ge­val­le werk dit an­ders­om,” sê Er­na. “Jy moet al die re­ë­lings voor­af tref. Som­mi­ge stoe­treun­ei­e­naars het nie die ge­rie­we om die te­fie te huis­ves nie, en dan moet die voor­ne­men­de te­ler re­ël dat die die­re by ’n hon­de­ha­we gaan wit­te­brood hou.”

Hoe­wel deeg­lik dag­boek ge­hou moet word van te­fies se si­klus, ge­beur on­be­plan­de swan­ger­skap­pe wel, en net die ei­e­naar kan hier­voor pa staan. Chris­tel­le ver­tel hoe sy en haar ge­sin on­langs be­hoor­lik moes bont­staan toe hul­le ver­huis het en al die te­fies by­na ge­lyk brons­tig was.

“Toe ek my hon­de om­dop, toe’s hul­le al­mal op hit­te! En ek dink by my­self: Wat nou? Ons moes toe maar vier kam­pies maak – el­ke reun het se­we te­fies by hom ge­had. Ek het maar net ge­hoop en bid die reuns kom nie by al­mal uit nie.”

Chris­tel­le se wens is nie be­waar­heid nie en sy moes uit­ein­de­lik met 27 ba­ba­yor­kies huis­hou. Sy het toe maar ’n ba­ba­wa­en­tjie ge­kry om die spul­le­tjie te ver­voer – iets wat da­rem ’n on­ver­wag­se by­voor­deel ge­had het: “Al die nu­we ei­e­naars het my laat weet hul­le yor­kie word glad nie kar­siek nie – dis na­tuur­lik om­dat hul­le van kleins af ge­woond is aan wie­le on­der hul­le bou­de!” lag sy.

’n An­der pro­bleem waar­mee ver­al plaas­li­ke kat­te­lers suk­kel, is die be­perk­te ge­ne­poel van op­reg­ge­teel­de ka­tras­se. “Ja, daar is we­lis­waar heel­wat te­lers vir die ver­skil­len­de ras­se op die lys, maar as jy na hul­le her­koms kyk, is baie van die kat­te ver­want,” sê Ai­mee. “Hier in K­wazu­lu­na­tal, by­voor­beeld, is die ge­ne­poel vir Si­a­me­se baie be­perk, en die mees­te kom van net t­wee te­le­rye af. Om in­te­ling te ver­my moet ’n mens voort­du­rend op soek wees na kat­te wat nié fa­mi­lie is nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.