El­ke kleintjie tel

Weg! Platteland - - Teel Met Troeteldiere -

Voor­dat jy jou hond of kat toe­laat om te paar, moet jou vee­arts al­bei ge­slag­te ge­sond ver­klaar en hul­le in­en­tings en ont­wurmings moet op da­tum wees.

Te­we kan van ne­ge maan­de af die eer­ste keer brons­tig raak, maar hul­le be­hoort min­stens een jaar oud te wees voor­dat jy met hul­le be­gin teel, sê Er­na. “Bok­sers is mid­del­slag­hon­de en die te­we kom ge­mid­deld el­ke ses tot se­we maan­de in sei­soen, maar een werp­sel per jaar word as aan­vaar­baar be­skou.”

Vol­gens Ai­mee het haar kat­te so­wat d­rie werp­sels el­ke t­wee jaar. “Kat­te is ge­reeld in sei­soen en kan selfs d­rie we­ke na­dat hul­le klein­tjies ge­had het, al ge­reed wees om weer te paar. Maar dit ge­beur nie som­mer in ’n be­heer­de om­ge­wing soos ’n te­le­ry nie.”

Som­mi­ge kat­te kan tot op ’n ry­pe ou­der­dom nog werp­sels kry, maar Ai­mee voel sterk daar­oor dat haar wy­fies op vyf jaar en die man­ne­tjies op se­we jaar die laas­te keer paar. “Dit hang van die ras af. Par­ty vat lan­ger om vol­was­sen­heid te be­reik, en kan dus lan­ger aan­gaan, maar Si­a­me­se en Oos­ter­se kat­te be­reik vroe­ër sek­su­e­le was­dom.”

Chris­tel­le se yorks­hi­re­te­fies raak om en by el­ke ses maan­de brons­tig, maar sy sal hul­le ook nie som­mer meer as een

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.