E

Skom het on­teen­seg­lik be­wys daar is iets waar­oor al­le SuidA­fri­ka­ners kan saam­stem. ( Da­rem een ding wat hul­le goed doen – daar’s se­ker ’n bo­nus op pad. – Reds.)

Weg! Platteland - - Op Eie Stoom -

Ver­geet van ’n stry­e­ry oor die Bul­le wat spe­lers koop, of wat­ter braai­hout nou eint­lik die beste is: Al­mal ver­pes beurt­krag, deur die bank.

Maar dit is deel van ons le­we en ons sal moet leer om daar­mee saam te leef. Die groot vraag is: Hoe­veel sal jy op­dok om E­s­kom eens en vir al­tyd uit jou le­we te kry?

Die eer­ste stap is om te dink pre­sies hoe­veel jy die si­tu­a­sie haat. Dink aan ’n skaal van 1 tot 10. Hier’s ’n voor­beeld: Ek haat my bad­ka­mer­te­ëls so­veel dat ek am­per ie­mand be­taal het om dit te ver­vang met iets wat meer in my smaak val. Maar toe ek dink aan die geld en die la­waai en die stof en die bou­ers wat dae aan­een deur my slaap­ka­mer stap, het ek be­sef my haat lê meer na 1 se kant toe as 10. Dalk kan ek tog met die te­ëls saam­leef. Vir nog ses maan­de. Nie ’n dag lan­ger nie.

As beurt­krag jou ver­moë in die wie­le ry om ’n be­staan te maak, dan moet jy be­slis dras­tie­se stap­pe neem. Maar as jy net die laas­te tien mi­nu­te van die rug­by gaan mis­loop, dan kan jy se­ker jou bier by kers­lig klaar­maak en gou die Su­pers­port­app op jou foon ver­fris.

We­ten­skap 101

Ek ver­pes som­me net so­veel soos die mees­te an­der men­se, maar voor­dat jy ’n klomp goed gaan koop om jou krag­pro­ble­me op te los, moet jy ’n ba­sie­se be­grip hê van waar­na jy soek...

Wan­neer jy ’n op­los­sing soek vir beurt­krag, moet jy t­wee din­ge in ge­dag­te hou: uit­set (hoe­veel krag jy kan le­wer) en ka­pa­si­teit (hoe lank jy daar­die krag kan le­wer). As jy ge­noeg brand­stof het, het ’n krag­op­wek­ker on­be­perk­te ka­pa­si­teit. Maar e­nig­iets met ’n bat­te­ry gaan net vir ’n ruk werk. Hoe lank, gaan af­hang van die groot­te van die bat­te­ry en hoe­veel krag jy no­dig het: Hoe gro­ter die vraag, hoe gro­ter moet die bat­te­ry (of bat­te­ry­bank) wees.

El­ke Ups­krag­bron (dit staan vir “Un­in­ter­rup­ti­ble Po­wer Sup­ply”), krag­op­wek­ker of bat­te­ry­bank het ’n mak­si­mum uit­set, on­ge­ag hoe­veel hoe­veel bat­te­rye of brand­stof jy het. Tal­le toe­stel­le dui uit­set aan in VA (volt­am­pè­re) of KVA (ki­lo­volt­am­pè­re), maar ek raai men­se aan om die fyn­skrif te lees en te kyk wat die uit­set is in watt (teen 220V). Dan kan jy kyk hoe­veel watt jou toe­stel­le ge­bruik om uit te werk wat­ter uit­set no­dig is. ’n Led­gloei­lamp ge­bruik om­trent 10W, ter­wyl TV’S, skoot­re­ke­naars en Dstv­de­ko­deer­ders 50­100W no­dig het. Ke­tels, ver­war­mers en haar­dro­ërs is baie vraat­si­ger.

Hier­die al­les­in­een­stel ver­skil ’n bie­tjie van al die an­der ka­toe­ters wat ons ge­toets het. eer­stens le­wer hy ge­lyk­stroom (deur 5v­usb­poor­te en ’n 12v­sok wat soos ’n si­ga­ret­aan­ste­ker lyk) en kom stan­daard met t­wee son­pa­neel­tjies om hom te laai. Jy kry t­wee 3W­ge­lyk­stroom­gloei­lam­pe met 5 m­ka­bels wat van ’n gor­dyn­re­ling of tak kan hang, na ge­lang van waar jy is.

Die e­co­boxx werk met ’n klei­ne­ri­ge bat­te­ry (12 ah), maar om­dat hy nie ’n om­set­ter het nie, gaan geen krag ver­lo­re nie. Hy’s nie ont­werp vir swaar werk nie, maar as die bat­te­ry vol­ge­laai is, kan hy die lig­te vir vier nag­te of ’n slim­foon vir d­rie dae laat werk.

as jy die 160DC+ kies, kry jy ’n wis­sel­stroom­laai­er (dit help as daar nie son is nie) plus ’n ek­ster­ne 150W­om­set­ter wat die ge­lyk­stroom om­ska­kel in ge­wo­ne 220v­wis­sel­stroom. Om­dat die om­set­ter (én die bat­te­ry) k­lein is, kan jy nie iets groots aan die gang hou nie, maar jy kan jou skoot­re­ke­naar vir t­wee uur laat werk as jy niks an­ders ge­bruik nie. Hier­die puik toe­stel­le­tjie (son­der die hand­vat­sel staan hy om­trent so hoog soos ’n kis wyn en weeg 39 kg) is in werk­lik­heid ’n ver­skuif­ba­re UPS. Hy’t ’n ver­se­ël­de jel­bat­te­ry (120 ah) en ’n mak­si­mum uit­set van 1 000W. Dit be­te­ken as jy hom vol­stoom ge­bruik, het jy krag vir ’n uur, maar as jy jou ver­bruik be­perk tot 300W, het jy vir d­rie uur krag. Jy kan hom ook aan ’n ek­ster­ne bat­te­ry kop­pel – dan ver­dub­bel sy ka­pa­si­teit, maar hy’s dan ook die helf­te min­der be­weeg­lik. Jy kan hom laai van ’n muur­prop, son­pa­neel of wind­tur­bi­ne af ( jy sal na­tuur­lik eers die son­pa­neel of wind­tur­bi­ne moet koop) en kan óf per­ma­nent op een plek staan óf rond­ge­skuif word. Hy het t­wee drie­punt­prop­pe en t­wee Usb­pun­te waar jy ’n slim­foon of ta­blet kan laai. Én hy’t ’n in­ge­bou­de led­nood­lig­gie wat ou­to­ma­ties aan­gaan so­dra die krag af­gaan. as jy be­sluit om ’n ek­ster­ne bat­te­ry te kry, maak dit sin om een van die­self­de ver­vaar­di­ger met die­self­de ka­pa­si­teit te kry –’n Om­ni­po­wer­120 ah­bat­te­ry gaan jou so­wat r2 800 uit die sak jaag.

ek kon hier­die toe­stel nie toets nie, want hy’s die heel­tyd uit­ver­koop. sorg dat jou naam op daai wag­lys kom! an­ders as mo­tor­bat­te­rye, wat ont­werp is om ’n klomp krag vir ’n k­lein ruk­kie te le­wer, gee diep­si­klus­bat­te­rye baie meer e­ga­li­ge krag. Dis­co­ver­bat­te­rye is glad nie goed­koop nie, maar jy kry waar­voor jy be­taal. Dié 100 ah­bat­te­ry kan die so­ho­ups (oor­kant) vir ’n uur lank teen vol­le krag aan die gang hou, en heel­wat lan­ger as jy min­der krag no­dig het. Hy spog met ’n waar­borg van t­wee jaar.

Krag­op­wek­kers het t­wee groot voor­de­le: Jy kry meer waar­de vir geld ten op­sig­te van uit­set, en hul­le loop son­der op­hou – mits jy ge­noeg brand­stof het. Daar is eg­ter ook na­de­le: Hul­le la­waai (selfs die “stil­les”), hul­le is vuil (ie­mand moet die brand­stof in­gooi) en hul­le is duur om aan die gang te hou (jy weet mos hoe­veel dit dees­dae kos om jou kar vol te maak...). Daar­by is die krag wat hul­le ver­skaf, nie so goed vir jou toe­stel­le as die krag van ’n UPS nie. (As jy tog ’n krag­op­wek­ker kies, maak se­ker jy kry een met AVR – dit staan vir “au­to­ma­tic volta­ge re­gu­la­ti­on” – wat die po­ten­si­aal­ver­skil so na as moont­lik aan 220V hou.) As beurt­krag ons niks meer as 2­4 uur in die duis­ter­nis gaan hou nie, sal ek waar­skyn­lik weg­skram van ’n krag­op­wek­ker. Maar as 24 uur­on­der­bre­kings die norm word, gaan die ou­ens met ’n krag­op­wek­ker breed glim­lag ter­wyl die res van ons koud en hon­ger sit en wag op be­ter dae. Waar­sku­wing #1 Moet nooit ’n krag­op­wek­ker bin­nens­huis ge­bruik nie – kool­stof­mon­ok­sied is do­de­lik. Maak ook se­ker jou krag­op­wek­ker – en ver­al die prop­pe – re­ën nie nat nie. Waar­sku­wing #2 Moet nooit, in geen om­stan­dig­he­de, jou krag­op­wek­ker reg­streeks by ’n muur­sok in­prop nie. Jou huis­hou­ding gaan krag kry, maar dis ui­ters ge­vaar­lik. Kry ’n ge­kwa­li­fi­seer­de e­lek­tri­si­ën om die ding reg te be­draad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.