S

Weg! Platteland - - So Is Die Lewe -

a­ter­dae het ek alleen na plek­ke op ons plaas ge­loop. ’n Le­moen in die broek­sak van my ka­kie­kort­broek, dis al.

Ek het suid­wes ge­mik, se­ker so ’n uur of wat se stap van die plaas­werf af, deur die bos­sie­veld. Ek was maar tien jaar oud. Dit was ’n spe­si­a­le plek met ’n k­lein grond­dam, ’n mod­der­soom al om die bruin wa­ter, ’n wil­ger­boom en ’n riet­sta­ning. As jy uit­ein­de­lik bo­op die dam­wal ge­kom het, kon jy ’n wind­pomp ver­der ag­ter­toe tus­sen ’n klomp blou­bos sien. Hier­die pomp het sy wa­ter in ’n se­ment­dam ge­gooi, en dis waar ek sou drink.

Die reis te voet deur die bos­sie­veld was baie ver en het ’n mens dors ge­maak, maar ek het van stop­plek­ke ge­weet. Half­pad was daar ’n krie­bos wat so hoog ge­staan het dat ek on­der sy tak­ke kon in­kruip en in die ska­du hurk. My le­moen het ek eers nog ge­spaar. Ek het ’n vaal ron­de k­lip­pie uit­ge­soek, af­ge­vee aan my broek, en aan hom ge­suig. Die meer­kat­dorp was my vol­gen­de stop. Woerts in hul­le ga­te nog voor­dat ek kon tel hoe­veel in die ko­lo­nie. Mis en plat­ge­trap­te grond en af­ge­vre­te bos­sies – hul­le meer­kat­le­we was o­ral te sie­ne.

As die bloe­koms doer ver na groot bo­me be­gin lyk het, het ek bly ge­word. Dit was ’n sta­ning bloe­kom­bo­me on­der die dam wat deur my ou­pa aan­ge­plant is, en my laas­te stop­plek. Die bloe­koms­tam­me was sul­ke dik wit­tes met

ou­bloed­hars wat glin­ste­rend uit skeu­re in die bas ge­tap het. Regs was ’n kraal van spar­re en draad en ’n hek­kie. Die skaap op dié deel van die plaas is stuk vir stuk by daar­die hek­kie in­ge­ja as dit doustyd ge­word het. Ek het na­by die kraal on­der ’n bloe­kom gaan sit om­dat ek van die reuk daar ge­hou het: bloe­kom­o­lie, warm, ge­meng met grond en skaap­mis wat tot poei­er ge­trap is.

Ek het my le­moen sta­dig af­ge­skil en die skil­le wat soos mi­ni­a­tuur­land­kaar­te ge­lyk het, vir die bloe­kom­mie­re ge­gooi. Sky­fie vir sky­fie het ek ge­ëet, baie soet en lek­ker suur. Pit­te ook uit­ge­spoeg, maar ek weet hul­le het nie ’n kans ge­staan nie.

Daar­die jaar was die dam net half­vol. Roer­loos het die wa­ter net so ge­staan van die mid­del af na sy mod­der­soom, want die dag was warm en stil. ’n Rei­er was daar wat ge­reed ge­maak het om op te styg, en links t­wee kie­wie­te, ewe par­man­tig, en plaps­plops die pad­das wat weg­spring soos ek om die dam stap.

Eers moes ek my brand­dors gaan les by die wind­pomp met sy se­ment­dam langs­aan. Ek het my op­ge­hys teen die se­ment­muur en my mond om die dun in­gooi­pyp ge­sit wat wa­ter reg uit die ys­koue aar­de ge­bring het. Met my maag so ge­ba­lan­seer op die rand van die se­ment­dam het ek ook van die wa­ter ín die dam ge­skep en oor my kop ge­gooi en al om my nek en my arms daar­mee af­ge­vee. Die wa­ter uit die in­gooi­pyp het vars en hel­der ge­smaak soos die eer­ste wa­ter op aar­de; en die wa­ter in die se­ment­dam het ge­ruik na jong wa­ter­gras en pad­da­slym, iets soos dik groen spoeg, maar nie men­ses­poeg nie. Ek kon am­per op­gooi.

Dan het ek te­rug­ge­loop en on­der ’n blou­bos op ’n plat, swart­bruin klip gaan sit om na die dam te kyk. Na die wil­ger­boom met sy slier­te tak­ke wat aan die wa­ter­op­per­vlak ge­raak het – of diés wat net­net nie ge­raak het nie waar­aan vin­ke hul­le nes­te vas­ge­maak het. Al­les wat daar was in en om die dam het ek be­kyk. Wol­ke­hom­pe op die wa­ter as daar wol­ke bo was, en naal­de­ko­kers, viets en vin­nig in rooi of blou. Die kie­wie­te het weer te­rug­ge­kom en keel op­ge­sit, en ná ’n ruk kon ek sien hoe die mod­der­koe­ke op die soom al om die dam hul­le nat­bruin ver­loor en flou­bruin word, en dan wit­bruin en hard met mod­der­o­re wat op­krul.

Soos die son hoog ge­klim het, het dit al hoe s­til­ler ge­word. Ek het nie eens ge­luis­ter of ek my eie a­sem­ha­ling kon hoor nie. Vin­ke en pad­das het te­rug­ge­hou, en selfs die kie­wie­te het hul­le laas­te kwier­te ge­gee. Wa­ter, vo­ëls, naal­de­ko­kers, die he­le spul ge­bed­stil.

In daar­die tyd het ek ook nie ge­dink nie. Die blou­bos se stow­we krui­e­rig­heid wat af­gee deur sy bes­sies, nu­wes en droë ou­es wat uit­ge­hol om my op die grond ge­lê het, dié het ek in my neus­ga­te ge­had. Maar ek het niks ge­dink nie.

EK HET NA AUS­TRA­LIË ge­ë­mi­greer, en ná my va­der se dood is ons plaas daar in die Noord­oos­kaap ver­koop.

Ná baie ja­re het ek laas so­mer­va­kan­sie in Suid­a­fri­ka vir die nu­we baas gaan vra of ek maar daar op die plaas kan gaan stap. Geen pro­bleem, moet net nie my skaap steel nie.

Met my bot­tel wa­ter wat ek by die S­par op die dorp ge­koop het, het ek die veld in­ge­loop, suid, suid­wes. Die meer­kat­dorp kon ek nie vind nie. Die veld was ge­trap, oor­be­wei deur swaar trop­pe skaap. Toe ek oor die dam­wal kom, sien ek die dam is tot boon­toe vol. Dit moet goed ge­re­ën het. Ek soek my plek on­der die blou­bos en draai die wa­ter­bot­tel oop.

Eens op ’n tyd was hier­die bruin wa­ter­dam op ons grond. Nou het selfs ons grond ’n aan­veg­ba­re be­grip ge­word. Hoe kan jy nou sê dat die stuk aar­de, oud soos die tyd toe hon­derd­sterk spring­bok­trop­pe oor die bos­sie­veld aan­ge­loop het, toe daar nog see­koeie in die see­koei­ga­te was, en nog ou­er, veel ou­er, hoe kan jy sê die stuk aar­de be­hoort aan die Ven­ters of die Van der Walts of die De Bruins, of dees­dae aan die Jan­tjie­se, of die M­zim­ku­lu’s of die Mk­hum­be­ni’s of wie ook al? En hoe kan jy sê jy sal vir daar­die stuk grond baklei tot die bloed loop? En tog.

Voor my in en om die wa­ter is die naal­de­ko­kers en die pad­das be­dry­wig, die kie­wie­te en die vin­ke raas. En ek in my kop. Die stil­te wat ek so goed ont­hou, wil nie te­rug­kom nie.

In wat­ter taal dink jy in Aus­tra­lië, vra my vrien­de al­tyd. Pren­te, sê ek, beel­de, eer­der as in ’n taal met woor­de. Saans voor­dat ek aan die slaap val in daar­die vol­ge­la­de staat van half­be­wus­syn, kom die beeld van die grond­dam te­rug na my. En dis al­tyd so ’n stil­le. En as die dam­le­we met my sou wou praat, ge­skied dit ook in stil­te. Geen piep of plops, geen kwiert of vler­ke­kwis­pel nie.

EK STAAN OP, stof my broek af, gaan maak die wa­ter­bot­tel on­der die in­gooi­pyp vol en be­gin te­rug­stap. Toe ek in ’n laag­te in die oop­veld kom, kaal­ge­trap, spring daar ’n war­rel­wind op. ’n Warm treg­ter sand lig va­n­af die aar­de op en dans na regs, gooi links en reg op my af so­dat ek my oë vin­nig moet toe­hou, my mond ook, en my dui­me in my oor­ga­te. En toe, bin­ne­in daai stok­kie­en­klip­per­tjie­ma­ling, raak my kop vol­ko­me stil son­der dat ek eens pro­beer. Die k­lein, wil­de krag van ’n war­rel­wind het dit ge­kos om my uit­ein­de­lik die stil­te in te ruk. En toe weet ek dat ek nooit weer sal te­rug­kom na daar­die grond­dam nie.

Toe die war­rel­wind te­rug­sak en be­daar, be­gin ek aan­stap kar toe.

“Waar woon jy?” “Dar­ling.” “Ja, Dar­ling, maar wáár?” Dis moei­lik om te ver­dui­de­lik met woor­de soos “dor­pie”, “Swart­land” en “Wes­kus”. En­gels vir “skat­tie”. Waar ’n bou­le­vard ge­noem is na ’n le­wen­de mens wat nie be­staan nie. Jy sien die dorp van die heu­wel af, met die NG kerk­to­ring wat soos ’n der­de vin­ger uit­staan tus­sen die hoë in­drin­ger­bo­me wat nog uit die ko­lo­ni­a­le tyd­perk kom. Soos groen stand­beel­de. Hoe lank gaan hul­le hou? So lank as wat hul­le ver­troe­tel word en no­dig is, want koel­te is ’n luuk­se as die kwik by 40 ºc draai.

E­vi­ta Be­zui­den­hout­bou­le­vard is vroe­ër ja­re som­mer die Moor­rees­burg­pad ge­noem. Die ver­la­te ou blik­ge­bou­tjie langs die trein­spoor was voor­heen, in die ja­re toe trei­ne nog ge­loop en ge­stop en saak ge­maak het, be­kend as die Dar­ling­sta­sie. Van­dag is dit E­vi­ta se Per­ron, ’n be­stem­ming vir be­soe­kers van reg oor die wê­reld, ook Trans­vaal (wat óók nie meer be­staan nie, maar deur som­mi­ge as hul­le tuis­te be­skou word).

My eer­ste uit­sig op hier­die dor­pie was 20 jaar ge­le­de op Vry­heids­dag, die eer­ste vie­ring van die be­gin van die res van ons le­we. Ek het plan­ne ge­had vir ’n an­der uit­sig met die naam M­cg­re­gor, maar uit­ein­de­lik op Dar­ling be­land. Dis am­per soos om C­hi­na toe te mik en dan in Bra­si­lië aan te kom! Ek het geen re­de ge­had om hier­na­toe te kom nie. Dit was net die naam wat ’n klok­kie ge­lui het, want in die te­a­ter­wê­reld noem al­mal me­kaar “Dar­ling”. Ná ’n paar uur hier het ek ge­te­ken vir ’n ver­val­le ou huis wat ek nie no­dig ge­had het nie. Ek is te­rug na die be­ska­wing toe, waar ek vir men­se van my a­von­tuur ver­tel het.

“Dar­ling, jy’s sta­pel­gek!”

En net daar het ek ge­weet al­les is ou­kei. Sta­pel­gek is goed. Dit be­te­ken nie­mand het nog daar­aan ge­dink nie. As men­se saam­stem en hul­le kop knik, staan jy in ’n ry. Daar­om is ek te­rug Dar­ling toe, Dar­ling, en dis waar ek nog al­tyd is.

As ek nou van die heu­wel af na die­self­de uit­sig kyk, kan ek een ding sê: Niks het ver­an­der nie, maar tog is al­les an­ders. Dees­dae het ons die vry­heid om ge­lyk te wees, die vry­heid om oor­spronk­lik te wees, die vry­heid om trots te wees en die vry­heid om spe­si­aal te wees. E­ni­ge dorp met sy wor­tels in ’n stel­sel van af­son­der­li­ke ont­wik­ke­ling wat van­dag die be­roemd­ste wit vrou in Suid­a­fri­ka met ope arms ver­wel­kom (’n vrou wat nie eint­lik is wat sy voor­gee om te wees nie), on­der­streep die groet­woor­de: “Wel­kom op Dar­ling, Dar­ling!”

e­vi­ta.co.za pdu.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.