Weg! Platteland

NIEU-BETHESDA

-

Dié ouwêreldse dorp aan die voet van die Kompasberg in die Oos-kaap is een van daardie plekke wat jou laat verlang na tye en mense wat jy nie eens geken het nie. Daar is nou wel nie banke of kitsbanke of vulstasies nie, maar dis ’n klein prys om te betaal as die beloning die beroemde Uilhuis is en soveel silwerskoo­n lug as wat jou longe begeer.

By Charmaine Malan se padstal, De Toren, op die laaste draai van die teerpad net voordat jy die oorblywend­e stukkie grondpad tot op Nieu-bethesda kry, het Platteland op aanbevelin­g van Maria Swiers ( foto bo), beter bekend as Noointjie, die lekkerste roosterkoe­k met biltong en kaas gekoop. Daar is ook neute, droëvrugte, handwerk vir die huis, emaljebeke­rs, konfyt en blatjange te koop – en as ons geweet het die rooi korrelkonf­yt is so lekker, het ons tien flesse gekoop! Kontak 049 841 1632 of 084 621 1535 (oop van 08:00 tot 17:00, sewe dae per week)

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa