DREN­TEL EN KOOP

Weg! Platteland - - My Dorp -

• Jo­bhuis

In 2006 het Ri­na Coet­zee erg aan de­pres­sie be­gin ly. “Daar was geen re­de nie; dit was net skie­lik daar. Toe be­gin ek die By­bel­boek Job lees. Vir ’n jaar lank.” In dié tyd het Ri­na ook be­gin skil­der, en ná die jaar het sy 25 s­kil­de­rye ge­had. Hul­le het lank in haar bad­ka­mer ge­staan. Saam met haar vrien­din, Re­tha du P­les­sis, het hul­le ’n ou ver­val­le huis ge­re­stou­reer en Ri­na se s­kil­de­rye oor Job en haar stryd teen de­pres­sie as ’n per­ma­nen­te uit­stal­ling in­ge­rig. Van Ri­na se an­der wer­ke is te koop, en dees­dae maak sy ook hand­ge­maak­te seep. Én jy kan ’n kuns­ti­ge kaart van die dorp by die Jo­bhuis kry waar­op in­te­res­san­te en ge­skied­kun­di­ge plek­ke ge­merk is. Waar? Op die hoek van To­bie Mul­ler- en Berg­straat. Kon­tak 083 451 6974 of 051 773 0157

• Oom Ja­pie se Huis

Dié ou dorps­huis wat vroe­ër ja­re aan ’n skaap­boer in die om­ge­wing be­hoort het, is deur Richard Proc­tor Sims (bo) in­ge­rig as ’n twee­de­hands­boek­win­kel, kuns­ga­le­ry, kroe­gie en re­stau­rant. “Ek het 40 000 boe­ke, waar­van 20 000 hier op die rak­ke be­skik­baar is. As jy deur my boe­ke wil loer, moet jy ’n glas wyn in die hand hê.” Richard het boe­ke wat deel uit­ge­maak het van be­perk­te uit­ga­wes, en hul­le is tot R22 000 werd. Hier hang ook s­kil­de­rye van die be­kroon­de ar­gi­tek E­vert Kapp en die S­pan­jaard A­dol­fo M­cque. Die in­tie­me kroeg het ’n ge­sel­li­ge at­mos­feer en saans kan jy in die re­stau­rant aan­sit vir hul­le spe­si­a­li­teit: Ka­rool­am. Waar? In Voor­trek­ker­straat, skuins oor­kant die NG kerk. Kon­tak 079 546 4032 of 051 773 0050

Oom Ja­pie se Huis

Jo­bhuis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.