Brood­mand­jies met ge­po­sjeer­de ei­ers

Weg! Platteland - - Hoenderverslag - Die re­sep kom uit Jackie Ca­me­ron Cooks at Ho­me (Pen­guin) pen­guin­books.co.za

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10 mi­nu­te Ek sit dié ge­reg graag voor met ’n ge­rook­te salm­ro­set en so­ja­ge­geur­de sam­pi­oe­ne.

Jy be­no­dig

• 1 eet­le­pel (15 ml) bot­ter • 4 snye brood • 1 eet­le­pel (15 ml) wit­wyn­a­syn • 4 ei­ers (ge­bruik baie vars ei­ers vir po­sjeer) • 2 ek­stra snye brood om die ge­po­sjeer­de

ei­ers te d­rei­neer

VIR DIE SALM EN SOJASAMPIOENE • 120 g sam­pi­oe­ne • 2 eet­le­pels (30 ml) bot­ter • 1 tee­le­pel (5 ml) so­ja­sous • 30 g ge­rook­te salm­ro­set­te

Só maak jy

Ver­hit die oond tot 180 ºc. Smeer bot­ter op die brood, ver­hit dit vir ’n paar se­kon­des in die mi­kro­golf­oond en druk dit ver­sig­tig in die hol­tes van ’n kol­wyn­tjie­pan om mand­jies te vorm. Bak dit vir 5 mi­nu­te tot dit mooi goud­bruin en bros is. Haal die brood­mand­jies uit die oond en laat dit een­kant op ’n draad­rak­kie af­koel.

Ver­hit 1 li­ter wa­ter tot kook­punt, ver­laag die hit­te en laat die wa­ter prut (die tem­pe­ra­tuur moet tus­sen 71 ºc en 82 ºc wees). Gooi die a­syn by. Maak die ei­ers een-een gaar: Breek dit in ’n ra­me­kin­bak­kie, roer die wa­ter in die pot en laat glip die ei­er in die tol­len­de, prut­ten­de maal­stroom. Die sir­kel­be­we­ging sal sorg dat die ei­er­wit nie uit­sprei nie. Skep die ei­er ná 4-6 mi­nu­te (na ge­lang van hoe gaar jy dit wil hê) met ’n gaat­jies­le­pel uit en druk lig­gies op die geel om te kyk hoe ferm dit is. Laat die ei­er d­rei­neer op ’n ek­stra sny brood.

Skroei die sam­pi­oe­ne in die bot­ter. Drup so­ja­sous oor en sit dit voor in die mand­jies met die ge­po­sjeer­de ei­er en salm­ro­set­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.