Weg! Platteland

SIT KOS OP DIE TAFEL

-

Vicky het haar beroep as radiografi­s laat vaar om om te sien na die volhoubaar­heidsaspek op die plaas, maar ook om groente te kweek en braaihoend­ers, skape en beeste aan te hou.

“Ek wil seker maak my kinders en my gesin eet behoorlike kos. Soveel van die kos in supermarkt­e is propvol hormone en insek- en plaagdoder. Ek maak self diere groot omdat ons hulle groter kan laat word – omdat hulle graan en groente eet. Hulle het basies dieselfde vryheid as al ons lêhenne.”

Vicky het 50 braaihoend­ers, 100 Angus-brahman-vleisbeest­e en ’n klein troppie skape. Die beeste wei tussen die hoendersku­re.

“Ons slag een keer per jaar ’n bees vir die tafel. Hulle is eintlik soos ’n spaarreken­ing. As ons geld nodig het, verkoop ons een. En as ons die kans kry, ruil ons hoenders en eiers vir goedere of dienste soos ’n kleutersko­ol. ’n Paar jaar gelede het ek 100 lêhenne geruil vir ses skape. Kort daarna het een van die skape gelam. Ons het hom Christmas genoem omdat die plan was om hom laas Kersfees te eet. Kersfees het gekom en gegaan en hy is nog steeds met ons. Maar ons sal hom nog slag.

“Ons doel is om van die plaas af te leef. Dis die siklus van die lewe,” sê Vicky.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa