Raad vir be­gin­ner-tui­niers

Weg! Platteland - - Orgideë -

An­dré “Be­lê in kom­pos en ’n plan – dié twee is die heel be­lang­rik­ste. Men­se is ge­neig om te veel plan­te te plant, en dan moet jy hul­le met­ter­tyd skuif. Jy moet ook re­a­lis­tie­se ver­wag­tin­ge hê: Jy gaan nie rol­ling la­wns en ro­se op ’n plek soos Ko­ring­berg kan hê nie.”

Cor­né “Weet wat jy wil hê. As jy nie se­ker is nie, wag eer­der nog ’n paar we­ke. Koop tyd­skrif­te, gaan kyk na tui­ne. Baie men­se koop ’n plek en die eer­ste ding wat hul­le doen, is om al die bo­me af te saag. Maar daar­die boom is met ’n re­de ge­plant. Wag eers tot Fe­bru­a­rie, wan­neer dit so warm is dat die kraaie dood uit die lug uit val, en kyk of jy dan nog steeds daar­die boom wil weg hê. En laas­tens: Moe­nie moed ver­loor nie. ’n Tuin is soos ’n lief­des­ver­hou­ding – jy gaan deur moei­li­ke tye, en an­der tye raak jy van voor af ver­lief. Die na­tuur het sy eie rit­me.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.