PLANT DIT 1, 2, 3 OOR

Weg! Platteland - - Orgideë -

Or­gi­deë moet el­ke twee jaar oor­ge­plant word, maar ont­hou: Ge­woon­lik blom dit nie in die eer­ste jaar na­dat dit oor­ge­plant is nie.

1 Glip die or­gi­dee uit die win­kel­pot. Werk ver­sig­tig en ver­wy­der die ou groei­me­di­um (ge­woon­lik rots­wol – be­ter be­kend as rock­wool – mos of bas­stuk­ke) om die wor­tels los te kry. Ver­wy­der al die wor­tels wat nie ge­sond en wit is nie.

2 Ge­bruik ’n klei­pot en me­di­um­groot bas­stuk­ke of ’n or­gi­dee­meng­sel wat by kwe­ke­rye en tuin­sen­trums te koop is. Hou die or­gi­dee net bo die rand van die pot met die wor­tels wat na bin­ne hang en be­gin dan die pot vul met die stuk­ke bas. Stamp die pot lig­gies op die ta­fel so­dat die bas ’n lê­plek kry om die wor­tels.

3 Ont­hou, die or­gi­dee moet uit­ein­de­lik bo-op die bas sit met die wor­tels in die pot. In die ge­val van Cym­bi­di­ums moet jy se­ker maak jy gooi nie die pseu­do­bol (die ge­swol­le deel on­der wat soos ’n bol­plant lyk) toe met bas nie. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.