Weg! Platteland

Hulle doen dit

-

John Nzira

MIDRAND

John, ’n Zimbabwiër wat sy permakultu­uropleidin­g by die Fambidzana­ipermakult­uurinstitu­ut in sy geboortela­nd gedoen en later ook opleiding by Bill Mollison gekry het, is pas gekies om Suider- en Oos-afrika in September vanjaar by die Internatio­nal Permacultu­re Convergenc­e in Londen te verteenwoo­rdig.

John het landbou-ekologie in Israel, omgewingsb­estuur in Kanada en volhoubare landbou in Amerika gestudeer, en in 2005 gehelp om die suksesvoll­e Ukuvuna-demonstras­ieplaas in Midrand te vestig. Dié plaas van 1 ha wat ook as opleidings­entrum dien en 15 mense heeljaar van kos voorsien, inkorporee­r verskeie permakultu­urkomponen­te soos waterbestu­ur (die oes van reënwater, die herwinning van grys- en swartwater en buffersone­s), grondbestu­ur (erosiebehe­er, die maak van kompos, deklae en ’n erdwurmboe­rdery), voedselbew­aring en die gebruik van hernubare energie. John sê “Permakultu­ur is ’n leefstyl waar jy jóú kultuur kan uitleef, waar jy die kos verbou wat jy wil eet en waar jy ’n omgewing skep waarin jy wil bly. Jy het nie baie ruimte nodig om permakultu­ur te beoefen nie, maar wel ’n weldeurdag­te ontwerp.” ukuvuna.co.za info@ukuvuna.org

johnnzira@gmail.com

Hazel Mugford ADDO

Hazel was ’n rekenmeest­er in Johannesbu­rg voor sy ’n boek oor permakultu­ur gelees en die gogga haar gebyt het. Sy het ’n permakultu­urdiplomak­ursus in Brittanje en ’n sertifikaa­tkursus in permakultu­urontwerp in Suid-afrika voltooi, en is al 10 jaar betrokke by permakultu­ur. Sy is ook die dryfveer agter Permakultu­ur SuidAfrika se skool in die Oos-kaap. Hazel sê “Een van die grootste wanopvatti­ngs oor permakultu­ur is dat net hippies dit beoefen en daarin belang stel. Ek is ’n tipiese rekenmeest­er wat altyd al die vooren nadele opweeg voor ek ’n besluit neem, en het by Permakultu­ur SuidAfrika al van breinchiru­rge tot kommersiël­e appelboere opgelei. Ek was nog nooit spyt dat ek sommemaak vir grond verruil het nie. Daar is so baie probleme in die wêreld, maar deur permakultu­ur te beoefen kan ons een ding op ’n slag verander.”

info@permacultu­resouthafr­ica. com Permacultu­re South Africa

Alex Kruger

LADISMITH

Alex het in 1993 haar sertifikaa­tkursus in permakultu­urontwerp by die Fambidzana­iopleiding­sentrum in Zimbabwe voltooi en is pas terug uit Spanje waar sy klasgegee het by die La Loma Viva-projek. Sy is betrokke by die Berg-en-dal-opleidings­entrum op Ladismith in die Klein-karoo en bestuur ook die opleidings­program Permacultu­re Education Africa saam met Kent Cooper. Alex sê “Vir baie mense is ’n eie groentetui­n die eerste stap na ’n permakultu­urleefstyl. Ons het vandag amper geen sê in wat ons eet, waar ons bly of watter bronne van energie ons gebruik nie. Permakultu­ur bied ’n ontwerpraa­mwerk wat ons help om ’n meer gesonde en vervullend­e leefstyl te skep. Deur jou eie kos te kweek verklein jy jou koolstofvo­etspoor en jý is in beheer van die gehalte van dit wat jy eet. Jy gaan ook baie nuwe vriende maak met al die kos wat jy weggee!”

info@berg-en-dal.co.za berg-en-dal.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa