SPRING GOU! Kom maak saam pas­ta!

Be­spreek nóú vir Plat­te­land se pas­ta-en-per­ma­kul­tuur-werk­ses­sies op Sa­ter­dag 17 Ok­to­ber of 14 No­vem­ber 2015 by Pi­car­di Pla­ce bui­te Raw­son­vil­le waar jy gaan leer om pas­ta met die hand uit te rol. Jy be­soek ook ’n per­ma­kul­tuur­tuin, proe wyn en kook en eet ’

Weg! Platteland - - Permakultuur -

Wil jy leer om soos ’n reg­te eg­te I­ta­li­a­ner vars pas­ta te maak waar­voor jy nie eens ’n pas­ta­rol­ler­ma­sjien no­dig het nie? Ja­co Brand van Pi­car­di Pla­ce bui­te Raw­son­vil­le gaan jou die fy­ner kun­sies leer om vars pas­ta én bo­log­ne­se­sous van be­gin tot ein­de te maak.

Die werk­ses­sie be­gin om 10:00 met ’n ver­wel­ko­mings­dran­kie en be­kend­stel­ling deur Ja­co. Daar­na volg ’n be­soek aan die per­ma­kul­tuur­tuin op die plaas waar Ja­co ’n paar ba­sie­se be­gin­sels en prak­tie­se wen­ke oor dié tuin­maak­be­na­de­ring sal ver­dui­de­lik. Ons pluk ook be­stand­de­le en haal ei­ers uit vir die klas.

Om 11:00 sal Wil­lie S­tof­berg van Du Toitskloof-wy­ne ’n kort wyn­proe aan­bied voor die pas­tak­las be­gin waar­voor ons Eu­re­ka Mills se on­ge­bleik­te steen­ge­maal­de meel gaan ge­bruik. Ni­co S­teyn van Eu­re­ka sal tus­sen­deur die ko­ke­ry ge­sels oor die voor­de­le van steen­ge­maal­de meel en Plat­te­land se men­se gaan na­tuur­lik daar wees om saam te ge­sels en fo­to’s te neem.

Ná die klas sit al­mal aan vir die heer­li­ke vars­ge­kook­te mid­dag­e­te met wyn van Du Toitskloof. Ons sluit die dag af met tuis­ge­bak­te wor­tel­koek en kof­fie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.