Pis­ta­sie­neut-pes­to­sous

Weg! Platteland - - Kook Met Avokado’s -

Ge­noeg vir 6 Be­rei­dings­tyd 5 mi­nu­te

Hier­die is ’n lo­pe­ri­ge pes­to – heer­lik as ’n slaaisous óf saam met gar­na­le en an­der see­kos of ge­braai­de hoen­der. Dit sal vir ’n week in die yskas hou, en selfs al be­vat dit a­vo­ka­do, nie ver­kleur nie. Jy kan die pis­ta­sie­neu­te met ka­sjoe- of ma­ca­da­mi­a­neu­te ver­vang.

Jy be­no­dig

• 1 a­vo­ka­do • ½ kop­pie (125 ml) pis­ta­sie­neu­te • ½ kop­pie (125 ml) pie­ter­sie­lie • ½ kop­pie (125 ml) kol­jan­der­bla­re • 1 ja­la­peño­ris­sie, saad­jies uit­ge­krap • 2 knof­fel­hui­sies • ½ kop­pie (125 ml) wa­ter • ½ kop­pie (125 ml) o­lyf­o­lie • 1 tee­le­pel (5 ml) sout • sap van 1-2 lem­me­tjies

Só maak jy

Gooi al die be­stand­de­le (be­hal­we die lem­me­tjie­sap) in ’n ver­sap­per en pols dit tot dit ’n sous vorm. Geur dit met lem­me­tjie­sap en hou dit in ’n lug­dig­te hou­er in die yskas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.