Weg! Platteland

Avokado-enpiesangm­uffins

-

Maak 12

Bereidings­tyd 15 minute Baktyd 25 minute

Hierdie ligte muffins is heerlik klam en is op hulle lekkerste sodra dit uit die oond kom – met dik botter daarop. My kinders hou ook daarvan in hulle kosblik. Jy kan die piesang in die resep met nog ’n avokado en ’n eetlepel (15 ml) gerasperde sitrusskil van jou keuse vervang.

Jy benodig

• 3 koppies (750 ml) meel • 1 teelepel (5 ml) sout • 1 eetlepel (15 ml) bakpoeier • 1 koppie (250 ml) suiker • ½ koppie olyfolie • 1 ryp avokado • 1 ryp piesang • 2 eiers • 1 koppie (250 ml) volroommel­k • 3 eetlepels (45 ml) suurlemoen­sap

Só maak jy

Voorverhit die oond tot 200 ºc. Smeer ’n muffinpan met 12 holtes met botter (of gebruik kleefvrye kossproei) en druk ’n kolwyntjie­papier in elke holte. Sif die meel, sout en bakpoeier saam en roer dan die suiker by.

Gooi die olyfolie, avokado, piesang, eiers, melk en suurlemoen­sap in ’n voedselver­werker en pols dit tot ’n gladde mengsel. Roer dit dan deur die meel tot dit net-net gemeng is. Vul die kolwyntjie­papiertjie­s amper tot bo.

Bak dit vir 25 minute tot die muffins goudbruin en gaar is.

Platteland sê

Dié muffins sal vir tot vier dae in die yskas hou as jy dit in ’n lugdigte houer bêre. Die beslag kan ook soos ’n piesangbro­od in ’n broodpan gebak word – dis gaar as ’n tandestokk­ie skoon uitkom. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa