Weg! Platteland

Koue avokadoroo­msop met vars salsa

-

Genoeg vir 4-6 Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 10 minute

Hierdie sop is heerlik vars en koel vir die warmer dae wat voorlê. Maak seker dit is behoorlik koud wanneer jy dit voorsit.

Jy benodig

• 3 koppies (750 ml) yskoue groenteaft­reksel

• 1 bossie vars koljanderb­lare (met stingels)

• ¼ koppie (60 ml) olyfolie

• 1 ui, gekap

• 2 groot avokado’s

• sap van 1-2 lemmetjies

• sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

VIR DIE SALSA

• 4 ryp romatamati­es, fyngekap

• 3 eetlepels (45 ml) koljanderb­lare, gekap (die blare van die stingels wat jy vir die sop gebruik het)

• 1 rooiui, fyngekap

• 1 brandrissi­e, saadjies uitgeskraa­p en fyngekap

• sap en gerasperde skil van 1 lemmetjie

• 150 g garnale, skoon- en gaargemaak

Só maak jy

Maak seker die aftreksel is yskoud. Was die koljanderb­lare baie goed. Breek die blaartjies af en hou dit eenkant vir die salsa. Kap die stingels fyn. Verhit die olyfolie in ’n pan en soteer die ui en koljanders­tingels. Laat dit eenkant afkoel.

Pols die helfte van die aftreksel saam die avokado en uiemengsel in ’n voedselver­werker tot dit dik en romerig is. Voeg nog aftreksel by tot die sop so dik is soos jy dit verkies – voeg nog avokado by as jy dit wil dikker maak. Geur dit na smaak met lemmetjies­ap, sout en varsgemaal­de swartpeper en sit dit dan in die yskas sodat dit weer yskoud kan word.

Maak die salsa deur die tamatie, koljanderb­lare, ui, rissie en lemmetjies­ap en -skil te meng. Roer dan die garnale by. Sit die salsa voor saam met ’n klein porsie van die sop. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa