Weg! Platteland

Bevrore suurlemoen­jogurt

-

Genoeg vir 6

Bereidings­tyd 10 minute plus vriestyd

Dié bevrore sorbet het ’n verfrissen­de suurlemoen­geur, maar is danksy die avokado lekker romerig.

Jy benodig

• 1 groot avokado

• 2 koppies (500 ml) dik Griekse jogurt

• ½ koppie (125 ml) volroommel­k

• 2 eetlepels (30 ml) suurlemoen­sap

• 1/8 teelepel (0,6 ml) sout (’ n Mens noem dit ’n knippie. – Reds.)

• 2 eetlepels (30 ml) suiker

Só maak jy

Pols al die bestanddel­e saam in ’n voedselver­werker tot glad en romerig. Proe en voeg nog suiker of suurlemoen na smaak by. Draai die mengsel in ’n roomysmake­r tot dit reg is om te eet, of skep dit in ’n bak, sit dit in die vrieskas en roer dit elke halfuur tot dit gevries is (dit sal 3-4 uur neem).

Sit die bevrore jogurt voor met vars mentblare en spanspekbo­lletjies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa