KOS IN ’N KITS
• MEELLOSE PLAATKOEKIES
Meng ’n halwe fyngedrukte avokado met 1 eier en braai lepels vol van dié “beslag” in botter asof jy plaatkoekies maak. Geur dit na smaak met heuning of sout en eet dit met spek vir ontbyt.
• SMOOTHIE
Pols ’n halwe avokado, 1 koppie (250 ml) koue melk en ’n teelepel (15 ml) heuning in ’n voedselverwerker en geniet dit as ’n gesonde ontbyt.
• AARTAPPELSLAAI
Pols ’n avokado glad met ’n staafmenger, geur dit na smaak met sout, peper en suurlemoensap, en roer dit deur warm gaar baba-aartappels. Sit fetakaas of stukkies spek by.