As­per­sies met a­vo­ka­do­hol­lan­dai­se­sous

Weg! Platteland - - Kook Met Avokado’s -

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 5 mi­nu­te

Dié hol­lan­dai­se­sous is veel ge­son­der as die oor­spronk­li­ke een en be­vat ook geen ei­ers nie.

Jy be­no­dig

• 1 stuk cho­ri­zo van 20 cm, in blok­kies ge­sny

• ¼ kop­pie (60 ml) o­lyf­o­lie

• ’n hand vol pie­ter­sie­lie, fyn­ge­kap

• 170 g vars groen­as­per­sies

VIR DIE HOL­LAN­DAI­SE­SOUS

• ½ groot a­vo­ka­do

• 1 eet­le­pel (15 ml) wit­wyn­a­syn

• 100 ml kook­wa­ter

• 2 eet­le­pels (30 ml) o­lyf­o­lie

• sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak

Só maak jy

Braai die cho­ri­zo vir ’n paar mi­nu­te in die o­lyf­o­lie. Roer die pie­ter­sie­lie deur en haal die pan van die plaat af.

Stoom die as­per­sies vir ’n paar mi­nu­te tot dit nog hel­der­groen en bros is en haal dit da­de­lik van die plaat af.

Pols die a­vo­ka­do, a­syn en wa­ter in ’n voed­sel­ver­wer­ker. Proe en voeg nog a­syn na smaak by. In­dien jy ’n dun­ner teks­tuur ver­kies, voeg nog 1 of 2 eet­le­pels wa­ter by. Roer die o­lyf­o­lie, sout en swart­pe­per by.

Sit die warm as­per­sies da­de­lik voor met die hol­lan­dai­se en cho­ri­zo. Ver­an­der dit in ’n vol­le­di­ge maal­tyd deur ’n paar ge­po­sjeer­de ei­ers saam met dit voor te sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.