Weg! Platteland

Tortilla-sop

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 20-25 minute

Dié ongewone maar baie lekker sop is geïnspiree­r deur ’n resep wat ek in 2001 by ’n kookskool in Santa Fe, Nieu-mexiko, gekry het.

Jy benodig

• 4 ryp tamaties, of gebruik 1 blik (400 g) gekapte tamaties

• 1 groot ui, fyngekap

• ½ teelepel (2,5 ml) Ina Paarman se Groenui-geurmiddel

• 1 eetlepel (15 ml) canola-olie

• 3 knoffelhui­sies, in dun skyfies gesny

• 6 koppies (1½ liter) water

• 2½ eetlepels (37,5 ml) Ina Paarman se Hoendergeu­raftreksel­poeier

• 8 takkies vars koljanderb­lare

• 1 teelepel (5 ml) Ina Paarman se Knoffel & Kruie-geurmiddel

• 1-2 teelepels (5-10 ml) suiker

EKSTRA GEURMIDDEL­S

• 1 eetlepel (15 ml) canola-olie

• 2-3 brandrissi­es, pitjies uitgeskraa­p en in dun repies gesny

• 1 pak (150 g) tortillatj­ips

• 100 g cheddarkaa­s, in 1 cmblokkies gesny

• 2 ryp avokado’s, in blokkies gesny

• Ina Paarman se Suurlemoen & Swartpeper-geurmiddel

Só maak jy

As jy vars tamaties gebruik, skil en sny dit in blokkies, en laat dit dan in ’n vergiettes dreineer (hou die sap). Dreineer ook die geblikte tamatie en hou die sap eenkant.

Geur die ui met Groenuigeu­rmiddel en verhit ’n swaarboomk­astrol. Voeg die olie by wanneer die pot warm is, gevolg deur die gegeurde ui. Soteer dit tot die ui begin verbruin. Voeg die knoffel en gekapte tamatie by en laat dan die mengsel vir omtrent 10 minute kook terwyl jy dit aanhoudend roer tot dit verdik.

Roer die tamatiesap, water, Hoenderaft­rekselpoei­er, vars koljander, Knoffel & Kruie-geurmiddel en suiker by. Sit die deksel op en laat dit prut vir nog 5-10 minute. Kry die ekstra geurmiddel­s reg. Verhit die olie oor lae hitte in ’n pannetjie, braai die rissierepi­es baie vinnig daarin en hou dit eenkant. Sit die sop voor Maak die tortillatj­ips fyner en sit ’n hand vol in elkeen van die ses sopbakkies. Skep dan ’n opgehoopte eetlepel van die kaasblokki­es in, gevolg deur die sop. Geur die avokado met Suurlemoen & Swartpeper-geurmiddel en skep ’n rojale lepel vol in elke sopbakkie. Sprinkel nog van die tortillatj­ips bo-oor en rond dit af met die rissierepi­es.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa