Waar’s die dae...

Ont­hou jy nog toe ’n koei op die werf ge­sorg het vir melk in die huis?

Weg! Platteland - - Inhoud - FO­TO’S JAC K­RIT­ZIN­GER, MO­NI­QUE MOUISSIE EN PETER VAN NOORD

S­mô­rens vroeg en s­mid­dae laat het my oor­le’ ou­ma en ou­pa beur­te ge­maak om die frie­skoei in die gras­kamp langs hul­le huis te melk. (Dit was voor hul­le af­ge­tree en dorp toe ge­trek het. Op die dorp was melk ’n to­taal an­der sto­rie: Hul­le het koe­pons ge­koop, dit in die bek van boe­pens­bot­tels op die voor­stoep ge­los, en die vol­gen­de og­gend was die ein­ste glas­bot­tels vol melk. As kind het ek ge­dog dis die groot­men­se se weer­ga­we van die tan­de­muis.)

Die koei op die plaas – kom ons hou by die cli­ché en noem haar Blom­me­tjie, al was sy eint­lik ’n dik­be­foe­ter­de der­dui­wel wat graag die melk­em­mer om­ge­skop het – het my ou­ma of ou­pa klok­slag by die hoek van die kam­pie in­ge­wag waar een van hul­le sou aan­tree met die melk­ban­kie, ’n silwerskoon melk­em­mer en melk­doek, ’n pot speen­salf, en nog ’n em­mer­tjie met lek­ker warm wa­ter en ’n lap om Blom­me­tjie se ui­er skoon te vee en haar te paai om haar melk te “laat sak”.

Va­kan­sies of na­we­ke het ons gla­se vol van Blom­me­tjie se ys­koue melk weg­ge­slaan, ver­al saam met kaas­brood­jies, maar ek het my dood­ge­gril vir die wil­de warm skuim­melk vars uit haar spe­ne waar­voor my ou­ma­hul­le so lief was. Ek ont­hou hoe ek oor en oor in my ag­ter­kop ge­sê het: Een­dag as ek groot is, gaan ek my eie koei hê. My eie melk. My eie room. My eie bot­ter en kar­ring­melk. My eie jo­gurt. My eie kaas.

Maar am­per vier de­ka­des la­ter gaan ek steeds koei­loos deur die le­we om­dat…

• ’n mens lank­al nie meer ’n koei op ’n dorps­erf mag aan­hou nie.

• jy nie meer rou, on­ge­pas­teu­ri­seer­de melk mag koop of ver­koop nie.

• dit vir die o-so-be­si­ge mo­der­ne mens nou een­maal te veel tyd en moei­te is om ’n koei te melk en dan boon­op self die bot­ter te kar­ring en die jo­gurt en kaas te maak.

• win­kel­melk veel goed­ko­per is as wat jy dit ooit self op klein skaal sal kan pro­du­seer.

Son­der dat ek dit ag­ter­ge­kom het, het die by­na kitsch nos­tal­gie­se, lan­de­li­ke prent­jie in my ag­ter­kop ver­an­der in ’n we­ten­skaps­fik­sie­fliek waar ge­ne­ti­ka en voe­ding vir ou Blom­me­tjie om­to­wer het tot ’n su­per­melk­fa­briek…

Toe­ka se dae

Kas­sie Kas­sel­man ( fo­to regs bo) van Kas­sels­hoop-kaas bui­te S­til­baai (oor wie ons ver­le­de jaar in die len­te­uit­ga­we van Plat­te­land ge­skryf het), sê met heim­wee hy is waar­skyn­lik “van die laas­te ge­slag­te wat met hand­melk en melk­kan­ne groot­ge­word het”.

“Men­se in af­ge­son­der­de ge­bie­de is nog al­tyd ge­dwing om hul­le eie melk te pro­du­seer, en dit is van­dag steeds die ge­val, by­voor­beeld in af­ge­leë de­le van Na­mi­bië. Des­tyds was die ver­voer- en ver­sprei­dings­net­werk so­veel swak­ker as van­dag en op selfs die klein­ste dor­pie kon ie­mand ’n be­staan maak met ’n mel­ke­ry wat net daar­die ge­meen­skap van melk voor­sien het.

“Maar die koms van lang­le­we­melk het baie din­ge ver­an­der, ook in af­ge­leë plek­ke. Soos in die mees­te an­der bed­ry­we word die landbou-knyp­tang ál klei­ner: Melk moet ge­volg­lik ge­pro­du­seer word waar dit die goed­koop­ste is en na die ver­brui­ker ver­sprei word. Groot melk­ver­wer­kers gee my as sui­wel­boer die kans om méér melk te pro­du­seer wat dus meer wins in my sak be­te­ken – iets wat bui­te die kwes­sie sou wees as ek net melk aan Ri­vers­dal ver­skaf het.”

Kas­sie ver­wys jou ook da­de­lik na oom M.C. Tru­ter ( fo­to on­der), “’n le­gen­de in die melk­be­dryf wat ’n groot rol ge­speel het in die ja­re toe kom­mer­si­ë­le fa­brie­ke be­gin op­gang maak het”.

Oom M.C., wat dees­dae af­ge­tree is en op S­til­baai woon, is op 1 Ju­lie 1957 deur Ne­st­lé aan­ge­stel as hul­le eer­ste sui­wel­land­bou­kun­di­ge, en sy pos­be­skry­wing is mon­de­ling aan hom oor­ge­dra: “We need as much milk as pos­si­ble of a good keeping qua­li­ty.” “Om die ge­hal­te van die melk te be­vor­der was die groot­ste pro­bleem,” ont­hou hy. “Son­der die no­di­ge ver­koe­lings­ge­rie­we het die melk ver­al in die warm so­mer­maan­de oor­nag suur ge­word. Melk was ook een­vou­dig te goed­koop vir die be­leg­ging: Die prys is be­paal deur die per­sen­ta­sie bot­ter­vet en pro­te­ïen, en des­tyds was dit maar 2 pen­nies per li­ter teen­oor die R4,50-R4,85 per li­ter van­dag. Par­ty pro­du­sen­te het so min as 5 pond melk per dag ge­le­wer, wat nie eens die ad­mi­nis­tra­sie­kos­te ge­dek het nie.” >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.