180 º

Ca­le­don was nog al­tyd die ou­dS­pring­bok Er­rol To­bi­as se plek

Weg! Platteland - - Inhoud -

Ná ’n span­nings­vol­le dag is daar vir my géén be­ter a­sem­skep­plek as die voor­stoep van ons huis nie. Die huis wat ek self ge­bou het. Ver­kies­lik met my vrou, San­dra, aan my sy, en na­tuur­lik met ’n lek­ker kop­pie kof­fie in die hand.

As ek hier sit, ver­won­der ek my aan die O­ver­berg­se Swart­berg wat in sy vol­le glo­rie aan die een kant pronk. Hier­die ber­ge is ook die tuis­te van die prag­ti­ge ko­nings­pro­tea wat el­ke jaar in die len­te blom.

Aan my reg­ter­kant lê ons plaas­li­ke rug­by­veld waar daar steeds Sa­ter­dag­mid­dae die ge­juig van toe­skou­ers op­klink, nes veer­tig jaar ge­le­de toe ek nog hier uit­ge­draf het.

Van hier­die stoep af hou ek dees­dae die doen en la­te van my klein­kin­ders dop en ek dink te­rug aan die dae toe ons ook tal­le Son­dae ná mid­dag­e­te met ons seuns en dog­ters ge­speel het. Maar toe breek die dag aan – veel gou­er as wat ek ver­wag het – dat Va­der Tyd aan my deur kom klop en ek nie meer een van die kin­ders kan in­hard­loop nie…

Tog bly hier­die stoep en hier­die won­der­baar­li­ke uit­sig die tuis­te van ve­le aan­ge­na­me her­in­ne­rin­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.