BLY­PLEK

Weg! Platteland - - My Dorp -

• Die ou tronk

Hier­die tronk is in 1872 ge­bou en het selfs ’n galg ge­had. (Dit was da­rem nooit no­dig om dit te ge­bruik nie.) Daar is en­kel­sel­le met twee en­kel­bed­dens – ag­ter swaar staal­deu­re – wat jou ’n dui­de­li­ke tronk­ge­voel gee. Dié sel­le deel ook een bad­ka­mer, kom­buis en tee­ka­mer. Die luuk­se sel­le het dub­bel­bed­dens en hul­le eie bad­ka­mers. In die groot vier­kant ag­ter die hoë mu­re is daar ’n ga­we braai­plek. Kon­tak 082 550 4421 of 011 973 1778 (Har­ry Du­ring)

• Star­ry Nig­hts

Jy het ’n keu­se van vyf stok­ou hui­sies in To­bie Mul­ler­straat, al­mal prag­tig ge­re­stou­reer. Dit is self­sorg, maar al­les wat jy no­dig kry, is hier – selfs ’n yskas met ’n ver­skei­den­heid van dran­kies (waar­voor jy moet be­taal). Kon­tak 082 892 4680 of 051 773 0063 (Su­net­te Fou­rie); star­ry­nig­hts.co.za

• Die Groen­huis

Hier­die twee hui­sies aan die bui­te­wy­ke van die dorp is eint­lik op ’n plot – dis diep rus­tig. En die twee hui­sies is mooi ge­re­stou­reer en net­jies. Die Groen­huis het twee ka­mers met dub­bel­bed­dens en twee met twee en­kel­bed­dens. Die Stal het twee ka­mers met dub­bel­bed­dens en een met twee en­kel­bed­dens. Al­bei is vol­le­dig toe­ge­rus met eet­ge­rei en daar is lek­ker braai­plek­ke bui­te. Kon­tak 083 290 4269 of 051 773 0073 (Jens Friis); p­hi­lip­po­lis.co.za Hier is ’n he­le paar wild­s­pla­se waar jy kan gaan wild­kyk, berg­fiets­ry, stap, roei, vo­ël­skyk en kamp. Gaan loer op die vol­gen­de web­wer­we: bok­post.co.za kam­ma­rieb.co.za ot­ters­kloof­ga­me­re­ser­ve.com

Star­ry Nig­hts

Die ou tronk

Die Groen­huis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.