Lus vir jêm­kook?

Weg! Platteland - - ‘Ons Het Die Skuif Gemaak’ -

Om­dat sy hier om­ring word deur ’n oor­vloed van vrug­te – ap­pel­ko­se, prui­me, per­skes en drui­we – was die vol­gen­de lo­gie­se stap vir Zel­ma om vir stads­ie­le ’n plaas­er­va­ring te gee in die vorm van kon­fyt­kook.

“Ons het hier kom leer jêm­kook,” ver­tel sy, hoe­wel dit eint­lik haar dog­ter Ro­zel­le Monachini (met haar na­tuur­li­ke aan­voe­ling vir kos­maak) is wat die sep­ter swaai in die kom­buis. Die kon­fyt wat ge­kook word, hang af van wat­ter vrug­te be­skik­baar is. Ver­al met ha­ne­poo­ten ap­pel­koos­pluk­tyd word hier kon­fyt ge­kook dat die bie­sies be­we.

Die ap­pel­ko­se word die aand voor jêm­kook­dag mid­del­deur ge­breek en met ’n ge­ly­ke hoe­veel­heid sui­ker ge­meng. Die skil bly aan, want dit sorg vir ’n spe­si­a­le teks­tuur en smaak wat jy nie in blik­kon­fyt kry nie. En ’n en­ke­le ap­pel­koos­pit in die kook­sel gee ’n lig­te a­man­del­geur.

Die vol­gen­de dag word die ap­pel­ko­se en sui­ker in ’n groot dik­boom­ka­strol oor lae hit­te ge­prut. Dan is dit vas­staan en roer en roer en roer... Wan­neer die ap­pel­ko­se ’n am­ber kleur kry, is die kon­fyt reg.

Dan word dit in ’n be­ker met ’n prop­per­se tuit ge­skep en in ge­ste­ri­li­seer­de fles­sies ge­gooi.

Jy kry ses 375 g-bot­tel­tjies en ’n spe­si­a­le Ca­litz­dorp-voor­skoot wat jy saam­vat huis toe.

Kon­tak 082 576 5855 of stuur e-pos na strooi­kooi@gmail.com vir meer in­lig­ting oor die kon­fyt­kook­klas­se wat hul­le aan­bied en die Strooi­kooi-self­sorg­bly­plek.

HEEL BO, VAN LINKS ’n Ap­pel­koos­pit in ’n kook­sel kon­fyt sorg vir ’n sub­tie­le a­man­del­geur; Dis ’n lang ge­roer... en skuim af­skep; Wan­neer die kon­fyt ’n am­ber kleur kry, is dit reg vir die fles­se. BO Zel­ma het hier kom leer jêm­kook, saam met haar dog­ter Ro­zel­le, ’n ou hand in die kom­buis. En klein Co­co (2½ jaar) is al­tyd by haar ou­ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.