Ag­ter­plaas­ei­ers

WEN­KE WAT WERK

Weg! Platteland - - Hoenderverslag -

• ’n Hen sal ’n jaar lank el­ke dag ’n ei­er lê, hoe­wel sy sleg­te dae kan er­vaar. Haar ka­pa­si­teit be­gin teen 74 we­ke af­neem. Dis wan­neer ons ons hen­ne uit­dun, maar ie­mand met hoen­ders in die ag­ter­plaas kan hul­le ’n rus­kans gee so­dat hul­le ’n paar we­ke la­ter weer kan be­gin lê. Par­ty men­se glo jy moet ’n haan by die hen­ne sit. Ou­er hen­ne pro­du­seer gro­ter ei­ers – daar­om is dit voor­de­lig om ’n hen lan­ger te hou. • ’n Hoen­der se pro­te­ïen­be­hoef­tes ver­an­der na ge­lang van die le­wens­fa­se. Hul­le het min­der pro­te­ïen no­dig ter­wyl hul­le groei, en dan weer meer om hul­le so­ver te kry om te be­gin lê. As jy nie vir hul­le lê­meel gee nie, sal hul­le nie lê nie. Ons gee vir el­ke hoen­der 140 g per dag – hul­le eet om­trent 15 g meer as hok­hoen­ders om­dat hul­le meer e­ner­gie ge­bruik vir hul­le ak­ti­wi­tei­te. • Vars wa­ter is baie be­lang­rik. Maak die wa­ter­trog el­ke dag skoon en vul dit met vars wa­ter. • Groe­nig­heid sorg vir ’n mooi hel­der­geel dooi­er – sorg dus dat hul­le gras en groen­te-af­val in­kry. • Sluit jou hoen­ders saans toe en maak se­ker hul­le het ’n plek waar hul­le ei­ers kan lê. Moe­nie van hul­le ver­wag om dit op oop gras te lê nie. Hul­le is taam­lik ge­bieds­ge­bon­de en hou daar­van om in ’n don­ker hoe­kie te lê waar hul­le pri­vaat is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.