My dorp

Weg! Platteland - - News - TEKS EN FO­TO’S WIL­LEM VAN DER BERG

’n Oa­se in sand en klip... wel­kom op Ka­ka­mas

Die Ka­la­ha­ri en die Boes­man­land... twee van ons land se taai­ste stre­ke. Al­bei be­kend, am­per be­rug, vir ge­reel­de droog­tes en uit­mer­ge­len­de tem­pe­ra­tu­re. S­tuk­ke aar­de wat boe­re soms toe­laat om net-net kop bo sand en klip te hou. Maar waar dié twee half­woes­ty­ne in me­kaar vas­loop, is daar die af­ge­lo­pe eeu ’n oa­se: Ka­ka­mas.

Tus­sen die vaal­bruin klip­ran­te, ko­ker­bo­me, roos­kwarts en rooi dui­ne rond­om Ka­ka­mas lê hon­der­de hek­taar win­gerd en vrug­te­boor­de. Uit die lug sal jy ’n net­werk van sil­wer­blink aar­tjies sien wat kruis en dwars deur die lo­wer­groen skar­rel en le­we gee. Die ka­naal­stel­sel. En in die mid­del van al­les die hoof­slag­aar: die Oran­je­ri­vier.

Dis ’n wa­ter­te­kort wat Ka­ka­mas se s­to­rie laat be­gin het. Ná ’n er­ge droog­te en die uit­breek van run­der­pes in 1895’96 was baie boe­re in Suid­a­fri­ka skie­lik ver­arm om­dat al hul­le vee ge­vrek het. In 1897 kry die NG Kerk twee pla­se van die Kaap­se par­le­ment om van hier­die boe­re son­der heen­ko­me te help. Die pla­se Soe­tap en Ka­ka­mas was aan die oe­wer van die Oran­je­ri­vier, en hier be­gin die kerk ’n “kerk­ko­lo­nie” en be­sproei­ing­stel­sel. Die pla­se word in er­we van 5 ha elk op­ge­deel, en van reg oor die land kom boe­re om te help gra­we aan die ka­na­le vir die be­sproei­ing­stel­sel – ook met die hoop om een van die er­we te kry. Aan die stuur van die pro­jek was die Duit­se sen­de­ling Chris­ti­aan Hen­drick Wil­helm S­chrö­der en die han­de­laar Ja­pie Lutz, wat in die vroeë 1880’s ’n ka­naal by U­ping­ton ge­gra­we het. In 1899 is die eer­ste ka­naal van 11 km hier klaar ge­gra­we en 60 er­we uit­ge­deel aan die mans wat die lang­ste ge­werk het.

Daar was ’n paar re­ëls in Ka­ka­mas se kerk­ko­lo­nie: Son­dae se kerk­diens was ver­plig­tend, en so ook skool vir die kin­ders. Geen ho­tel­le, vuil taal, drank, of ’n dan­se­ry is toe­ge­laat nie.

Maar die Ang­lo­boe­re­oor­log het werk aan die ka­na­le tot stil­stand ge­ruk. Ná die oor­log het hul­le voort­ge­gaan, en die eer­ste ka­naal, die suid­ka­naal, is tot 35 km ver­leng en ’n twee­de ka­naal, die noord­ka­naal van 43 km, ge­gra­we. Die Kerk het nog pla­se by­ge­koop en in 1945 het 574 fa­mi­lies teen die ske­ma ge­woon. Al hoe meer men­se het die er­we van die kerk ge­koop en kaart en trans­port ont­vang, tot­dat Ka­ka­mas in 1954 nie meer ’n kerk­ko­lo­nie was nie, maar ’n mu­ni­si­pa­li­teit ge­word het.

Sus­hi in die Ka­la­ha­ri

Van­dag is Ka­ka­mas ’n be­dry­wi­ge dor­pie. Die N14, die be­si­ge roe­te na Na­ma­kwa­land, die Rich­ters­veld en Na­mi­bië, dreun ba­sies deur die plek en word om­soom deur ’n he­le paar be­sig­he­de soos ’n splin­ter­nu­we vul­sta­sie, ’n groot A­gri­mark en die ban­de­plek Fit­it. Ver­der ge­beur am­per al­les aan die lang hoof­ straat, Voor­trek­ker­straat. Die Ho­ër­skool Mar­tin Oost­hui­zen, La­er­skool Sen­traal, die NG kerk, Ka­ka­mas­ap­teek, OK, Sa­ve­ri­te, ’n nu­we KFC en die Ka­la­ha­ri Ga­te­way­ho­tel is langs dié straat.

Ja­nee, die re­ëls het ver­an­der, want toe die ho­tel in 1974 ge­bou is, het dit selfs ’n ca­si­no ge­had. Dees­dae be­hoort die plek aan Dick Ven­ter. “Ek was in 2007 hier op Ka­ka­mas vir ’n troue toe ek hoor die ho­tel is te koop. Ek het nie eens ge­weet die plek hét ’n ho­tel nie. In daar­die sta­di­um het ek my ver­voer­be­sig­heid aan U­ni­trans ver­koop en toe klink die ho­tel vir my na ’n ga­we af­tree­jop­pie.” >

Dick, wat 32 jaar in die ver­voer­be­dryf was, het toe die ho­tel ge­koop en hy en sy vrou, Mei­sie, het van Rus­ten­burg na Ka­ka­mas ver­huis. “Ons het nooit soos in­kom­mers ge­voel nie. Die men­se hier is son­der fie­ter­ja­sies en ge­sel­lig. En vir ons voel dit soos die pa­ra­dys teen­oor Rus­ten­burg se ge­druis en die mis­daad daar.”

Maar ’n af­tree­jop­pie was die ho­tel toe nie heel­te­mal nie. “Hel, ons moes baie in­sit. Baie min plat­te­land­se ho­tel­le word nog mooi in stand ge­hou. Ek is trots op wat ons al ge­doen het. En ons is steeds be­sig om op te gra­deer en ver­be­ter.”

Die ho­tel kry 75% van sy krag van 540 son­pa­ne­le wat Dick laat op­rig het. Van die pa­ne­le dien som­mer as groot af­dak­ke vir gas­te se mo­tors. En ver­der kan die ho­tel spog met sy eie sus­hi­toon­bank. “Ek is baie lief vir sus­hi. Jong, en ek is maar ’n kans­vat­ter. So laat weet my swa­er my van ’n sus­hi bar wat te koop is in die Kaap. Ek is hier af, het hom ge­koop en moes hom in vier s­tuk­ke sny om te ver­voer. Maar ek bring hom en ek bring ook som­mer ’n sus­hi-sjef daar van die Kaap af saam. Daai eer­ste aand wat ons sus­hi bar oop was, was dit skoon ’n ver­trap­ping. Nou is hy al se­we jaar aan die gang en doen steeds goed.”

Die sjef, Ger­rit de Beer, sou net aan die ho­tel op­lei­ding gee en dan weer waai. “Maar nou is ek al net so lank soos die sus­hi hier op Ka­ka­mas. Ek het in Jo­han­nes­burg groot­ge­word en drie jaar in die Kaap ge­werk voor ek hier­na­toe ge­kom het, en dit was nog­al ’n groot ver­skil, en ’n groot aan­pas­sing. Al­mal het aan­ge­neem ek is En­gels om­dat ek van die stad af kom en kan sus­hi maak,” lag Ger­rit.

Die groot­ste re­de hoe­kom hy op Ka­ka­mas aan­ge­bly het, is sy 11-ja­ri­ge dog­ter, S­te­pha­nie. “Dit is won­der­lik om haar hier op die plat­te­land te laat groot­word. Ons het baie meer tyd saam en sy kry baie meer en be­ter aan­dag hier in die skool as wat sy in die stad sou kry.”

Daar was al baie skep­tie­se en be­nou­de lag­gies om die sus­hi-toon­bank, ver­tel Ger­rit. Sus­hi hier op die grens van die Ka­la­ha­ri en Boes­man­land? Dit klink da­rem net te ver­dag. Maar die men­se word oor en oor ver­ras. Sy spring­bok­rol­le­tjies, waar­van Dick die car­pac­cio self maak, is van die ge­wild­ste.

“Die plaas­li­ke boe­re wat nie sus­hi ken nie, het da­rem kans ge­sien vir die spring­bok. Nou vat van hul­le selfs al ’n salm­pie. Maar kyk, wa­sa­bi het al vir groot cha­os ge­sorg hier. Ve­ral aan die be­gin toe van die men­se ge­dink het dit is fyn a­vo­ka­do en dit som­mer lek­ker dik op die sus­hi ge­smeer het.”

Lek­ker woes­tyn­wyn

Ka­ka­mas is eint­lik meer be­kend vir sy drui­we as sy sus­hi. Aan die wes­te­kant van die dorp is Oran­je­ri­vier-wyn­kel­ders se Ka­ka­mas-kel­der. Dié wyn­ko­ö­pe­ra­sie is een van die groot­stes ter wê­reld, en op Ka­ka­mas word daar vol­gens die kel­der­be­stuur­der, Bol­la Louw, die mees­te drui­we ver­werk van al ses die kel­ders wat aan die maat­skap­py be­hoort. Wan­neer hy op sy groot sak­re­ke­naar tik en vir jou be­gin sy­fers gee, klink dit on­werk­lik: Ge­mid­deld 35 000 ton drui­we word in ’n sei­soen na die Ka­ka­mas-kel­der aan­ge­ry. Hier­van word so­wat 27 mil­joen li­ter wyn en sap ge­maak. Die maat­skap­py se 60 vrag­mo­tors moet dan 853 vrag­te wyn en sap aan­ry. “Dit is hoe dit is hier­so: Al­les is net gro­ter. Dis die land van Ka­na­än. Die grond is vrug­baar en ons het baie wa­ter.”

Dit was toe­val­lig ook ’n droog­te wat Bol­la op Ka­ka­mas laat be­land het. Hy was hier op skool en het ná ma­triek saam met sy pa-hul­le gaan boer in die sui­de van Na­mi­bië, na­by Ko­ës. Maar ’n er­ge droog­te in die vroeë ja­re tag­tig het Bol­la ge­dwing om ’n an­der werk te soek. “Ek het toe by Oran­je­ri­vier­wyn­kel­ders be­gin. Ek het iets ge­weet van drui­we, maar niks van wyn nie. Nou, ná 32 jaar se on­der­vin­ding, kan ek da­rem sê ek weet iets van wyn ook.” Bol­la is ho­pe­loos te be­skeie, want in 2015 se jaar­lik­se Na­si­o­na­le Jong­wyn­skou is sy kel­der se ef­fe­soet as na­si­o­na­le kam­pi­oen aan­ge­wys, én hul­le het vyf an­der goue me­dal­jes in­ge­oes.

’n Mens kan hoor Bol­la is trots op wat hier in sy streek ge­beur. >

‘Daar word ge­spot dat re­ën in hier­die wê­reld ’n moei­li­ke on­der­werp is: Die vee­boe­re wil re­ën hê en die win­gerd­boe­re nie. Do­mi­nees moet fyn bid om nie ’n deel van die ge­meen­te te ont­stel nie.’

“Daar is lank ge­spot met ons wat wyn maak hier in die Noord-kaap, maar din­ge het nou ver­an­der. Ons drui­we en an­der vrug­te is van ’n hoë ge­hal­te. Dit is ’n groot be­dryf wat net al hoe gro­ter word en vir baie ont­wik­ke­ling sorg. Dit skep werk en ’n klomp jong men­se – op­ge­lei­de jong men­se – kom ves­tig hul­le hier. In sei­soens­tyd, wan­neer dui­sen­de sei­soen­wer­kers kom help, is ons dorp nie al­tyd ge­rat vir die aan­tal men­se nie.” Hy dink ’n oom­blik: “In sei­soens­tyd is die druk in dié ge­wes­te nie re­de­lik hoog nie; dis dón­ners hoog.”

Die e­nig­ste pri­va­te wyn­kel­der hier by Ka­ka­mas is op die plaas Die Mas. En die Mas van Ka­ka­mas is be­kend vir die groot par­ty­tjies wat hy oor na­we­ke in die mas­sie­we la­pa teen die Oran­je­ri­vier hou. Tog weet nie al­mal dat die Ha­ne­koms se­dert 2005 be­sig is om hul­le eie wy­ne te maak nie, en in 2011 be­gin het met bran­de­wyn.

“Men­se dink mos hier in die Noor­dKaap maak ons net pap­sak en vaal­ja­pie. Wel, ons is baie in ons skik om te kan sê ons 2014 Sau­vig­non Blanc het ’n goue me­dal­je ge­wen by die Mi­chel­an­ge­lo­toe­ken­nings. Wyn van ons eie drui­we. En al­les met die hand ge­doen. Tot die la­bel op die bot­tel is met die hand ge­plak,” ver­tel Coet­zer Ha­ne­kom gees­drif­tig. Hy, sy broer, Vlok, en pa, ook Vlok, boer saam hier by Die Mas waar ook ta­fel­drui­we, ro­syn­tjies en lu­sern ver­bou word. Die wyn­ma­ker, Da­nie van der West­hui­zen, is in 2010 uit die Wes-kaap “in­ge­voer” en is in­tus­sen op Ka­ka­mas ge­troud én het ’n dog­ter ry­ker ge­word.

“Ek bly lek­ker hier,” sê Da­nie. “En wat die wyn­maak­pro­ses hier by Die Mas be­tref, is ek baie ge­luk­kig. Hier is ek van die win­gerd af be­trok­ke tot­dat die wyn ge­bot­tel word. En ek kry kans om al­ler­han­de wy­ne en bran­de­wyn te maak. Tans is ons be­sig om met ’n heel nu­we wyn te eks­pe­ri­men­teer – dit gaan ’n lek­ker swaar ys­ter wees.”

Vloe­de is al­tyd ’n groot be­kom­mer­nis in dié wê­reld, ver­tel Vlok jr. Se­dert sy pa in 1970 hier be­gin boer het, was daar drie groot vloe­de wat groot ska­de aan­ge­rig en men­se op ei­lan­de vas­ge­keer het. “’n Vloed is nie ’n lig­te be­sig­heid nie. Ons is maar al­tyd ver­sig­tig daar­voor, maar kan ook niks doen om dit te keer nie.” Daar word ge­spot dat re­ën in hier­die wê­reld ’n moei­li­ke on­der­werp is: Die vee­boe­re wil re­ën hê en die win­gerd­boe­re nie. Do­mi­nees moet fyn bid om nie ’n deel van die ge­meen­te te ont­stel nie. “Men­se ver­tel graag die s­to­rie van die vee­boe­re wat bid: ‘He­re, ons het ge­rug­te ge­hoor van re­ën wat op pad is.’ En dan die win­gerd­boe­re wat daar­na aan die beurt kom: “He­re, ons weet dat U U nie aan sto­ries steur nie,’ ” ver­tel Vlok.

Waar men­se om­gee

Min men­se weet dat daar wel el­ke og­gend tus­sen die win­ger­de om Ka­ka­mas ge­bid word. Frans en Ka­ren Pan­ter het 10 jaar ge­le­de uit hul­le kor­po­ra­tie­we pos­te be­dank en die stads­le­we in Jo­han­nes­burg prys­ge­gee om sen­de­lin­ge te word. Ná ’n wye draai deur Mos­sel­baai, Spring­bok, Port Nol­loth en die Rich­ters­veld het hul­le in 2010 op Ka­ka­mas kom bly.

“’n Boer van die om­ge­wing wat van ons werk ge­hoor het, het ge­vra ons moet hier kom bly en werk. Van­dag be­dien ons al 17 pla­se se men­se,” ver­tel Frans. “Ons is baie ge­luk­kig hier. Die boe­re het ons da­de­lik deel ge­maak van die ge­meen­skap en dit is werk­lik men­se wat om­gee vir me­kaar.” Dit word be­ves­tig ter­wyl hy vroeg­og­gend tus­sen die pla­se rond­ry. Al­mal wat ver­by Frans se bak­kie ry, flits lig­te en waai vrien­de­lik. By ’n groot pak­stoor wag so­wat 400 wer­kers en ’n paar voor­man­ne op hom. Op ’n an­der plaas kom ’n groep vroue op­ge­won­de tus­sen lo­wer­groen win­ger­de

uit­ge­hard­loop as Frans toe­ter druk. “Mor­uuu­ti!” gil hul­le.

Daar word saam ge­sing. Frans gee ’n bood­skap in ’n men­gel­moes van En­gels, A­fri­kaans en Tswa­na. Dan, voor al­mal weer aan­gaan met hul­le dag­taak, bid hy.

Ter­wyl die vroue tus­sen die win­gerd­rye weg­raak, kyk Frans oor die groen na die rooi­bruin klip­ran­te wat die Ka­la­ha­ri se duin­sand weg­keer. Dan sê hy: “Kyk hoe lyk dit hier waar ons werk, boe­ta. Dis da­rem on­ge­loof­lik.”

K­lein skool, groot hart

’n Mens hoor so dik­wels dat sko­le op die plat­te­land ag­ter­uit­gaan en hoe dít dor­pe ne­ga­tief be­ïn­vloed. Op Ka­ka­mas hoor jy eg­ter net goeie din­ge oor die Ho­ër­skool Mar­tin Oost­hui­zen, wat die in­wo­ners som­mer HMO noem.

“Een van die skool se leu­ses is ‘Die k­lein skool met die groot hart,’ ” sê Bar­nie Mans, ’n on­der­wy­ser by die skool. Hy het op Ka­ka­mas groot­ge­word, in 1998 aan HMO ge­ma­tri­ku­leer en ná sy stu­die op S­tel­len­bosch >

te­rug­ge­kom. “Ek het eint­lik dra­ma ge­stu­deer, maar my pa het ge­sê ek be­ter iets by­doen so­dat ek da­rem kos op die ta­fel kan sit,” lag Bar­nie. Hy het toe na­graads on­der­wys gaan swot, en van­dag is hy glad nie spyt nie.

“My pa is in my fi­na­le jaar oor­le­de en ek het te­rug­ge­kom om my ma te help op die plaas. Maar ek moet sê dit is lek­ker om te­rug te wees en hier die kans te kry om my pas­sie uit te leef. Een van die vak­ke wat ek aan­bied, is skep­pen­de kuns­te, en dan bied ons ook dra­ma as ’n bui­te­muur­se ak­ti­wi­teit aan. Ons skool se dra­ma is baie sterk – ons het die na­si­o­na­le Atkv-tie­ner­to­neel­fees al ’n paar keer ge­wen, en dié jaar ook die Re­za de Wet-tie­ner­to­neel­fees by die Vry­staat­fees. Ons pro­beer die kin­ders so­veel as moont­lik ge­leent­he­de gee. Dit be­te­ken net ons ry ons mal­le ver­stand af – Ka­ka­mas is 800 km van al­les af!”

Die skool is a­ka­de­mies ook baie sterk en het ver­le­de jaar die bes­te in die streek ge­doen – selfs die gro­ter sko­le op U­ping­ton is uit­ge­stof. “Die skool en die NG kerk is twee baie be­lang­ri­ke as­pek­te van ons dorp. Dit is die twee plek­ke waar die ge­meen­skap ge­reeld by­me­kaar­kom. Maar dit be­te­ken ook nie Ka­ka­mas is ’n ver­kramp­te k­lein plek­kie nie. Glad nie. Ons het lek­ker baie en le­wen­di­ge jong men­se.”

Dat die ge­meen­skap die skool ten vol­le on­der­steun, is la­ter die mid­dag dui­de­lik wan­neer dit lyk as­of die he­le dorp voor HMO sit en wag dat die ma­trieks aan­kom vir hul­le ma­triek­af­skeid. Van ba­bas in stoot­wa­en­tjies tot ou­mas op twee k­lein pa­vil­joe­ne wag weers­kan­te van die rooi ta­pyt.

“Jong, as daar iets op die dorp ge­beur, dan is ons maar al­mal daar,” sê Ju­rie Bec­ker, ’n boer van die om­ge­wing wat ook kom kyk het. Om by die te­ma te pas word Fran­se mu­siek ge­speel. “Ek sou nou glad nie dié ti­pe mu­siek speel nie. Die kin­ders wil dans en kui­er; nie huil nie,” sê C­harl du Toit, e­lek­tri­si­ën op die dorp wat die klank be­har­tig. Die ma­trieks kom aan en el­ke paar­tjie word toe­ge­juig. As al­mal daar is, word daar eers ’n he­le ruk­kie bui­te saam met die ou­ers en vrien­de ge­kui­er. C­harl laat die Fran­se klan­ke ver­dwyn, en dan speel Kurt Dar­ren se “Re­bel en rats”.

Al­tyd tyd vir ’ n grap­pie

Ka­ka­mas het ook ’n uit­ste­ken­de tand­arts. Dr. Alf­red Hi­te se huis en spreek­ka­mer is in Voor­trek­ker­straat, skuins oor­kant die ho­tel. “Man, ek hou van die plat­te­land. Ek hou daar­van om die men­se te ken aan wie ek werk. Ek haat dit in ’n stad. Ek haat die ver­keer en die ge­jaag. Hier stap ek uit my slaap­ka­mer in my spreek­ka­mer in.”

Hy en sy vrou, Zel­da, is al se­dert 2001 op Ka­ka­mas en hul­le kin­ders het hier skool­ge­gaan. “Die skool is die hart van die dorp,” sê Alf­red. “En die boer­de­rye... dis groot be­sig­he­de en dis goed vir die dorp. Die Oran­je­ri­vier maak dit na­tuur­lik moont­lik. Ek is mal oor die ri­vier en gaan vang graag oor na­we­ke vis.”

Hier op Ka­ka­mas be­dien hy al­mal, ryk én arm. “Ons doen al­les. Ons trek tan­de, plak goue plak­ker­tjies op voor­tan­de en sit kro­ne en kuns­tan­de in.”

Zel­da, wat baie ja­re as ar­beids­te­ra­peut ge­werk het en dees­dae haar man se be­spre­kings han­teer, sê sy het gou ge­leer dat sy hier by el­ke af­spraak ’n bie­tjie ek­stra tyd moet in­ruim. “Dis nou vir die grap­pies voor en ná die af­spraak. Al­mal ge­sels en ver­tel al­tyd eers grap­pies,” lag sy.

Die Ka­ka­mie­te, soos die dorp se in­wo­ners hul­le­self noem, is in­der­daad vro­li­ke men­se wat hou van ge­sels en grap­pe maak, maar dit be­te­ken nie dat hul­le nooit iets erns­tig op­neem nie. Na­dat Tru­da Tur­ner se skoon­sus­ter aan kan­ker oor­le­de is, het sy ge­voel sy wil iets doen om an­der te help, ve­ral >

‘Ons pro­beer die kin­ders so­veel as moont­lik ge­leent­he­de gee. Dit be­te­ken net ons ry ons mal­le ver­stand af – Ka­ka­mas is 800 km van al­les af!’

toe haar vrien­din Ma­rie Nel se dog­ter Gi­se­la ook die stryd teen dié siek­te ver­loor het. Ma­rie se twee­de dog­ter, Zoë, is die af­ge­lo­pe drie jaar in re­mis­sie na­dat sy op 13 óók met kan­ker ge­di­ag­no­seer en die ge­was suk­ses­vol ver­wy­der is. Daar­om is Tru­da op ’n Vry­dag­og­gend in Ok­to­ber voor son­op in haar fiets­ry­kle­re voor die Ka­la­ha­ri Ga­te­way-ho­tel. Sy trap

‘Die Ka­ka­mie­te, soos die dorp se in­wo­ners hul­le­self noem, is in­der­daad vro­li­ke men­se wat hou van ge­sels en grap­pe maak...’

van hier af grond­pad langs Kaap toe om geld in te sa­mel vir die My C­hild Has Can­cer-trust. “Om­dat my skoon­sus­ter en k­lein Gi­se­la dit nie meer kan doen nie, maar graag sou wou,” sê Tru­da. “En vir Zoë en Ma­rie wat bo­mens­lik be­proef is en steeds met ’n glim­lag voort­leef.”

’n He­le paar van Ka­ka­mas se fiets­ry­ers en in­wo­ners is by om Tru­da te on­der­steun en die eer­ste paar ki­lo­me­ter saam met haar te ry. Grap­pies is daar steeds. “Kaap toe op ’n gat­pomp is nie mak­lik nie,” skerts ie­mand.

Dan trek die bon­del fiet­se weg. Net bui­te die dorp knars die ban­de oor die wit gruis­pad wat deur die vaal klip­pe­rig­heid van die Boes­man­land sny. Die fiets­ry­ers nou die e­nig­ste kleur. En dit laat jou be­sef: Ka­ka­mas en sy men­se is voor­waar ’n la­fe­nis in die woes­tyn. >

Jy hoef nie ver uit Ka­ka­mas te ry om te sien

waar­om die plek eint­lik ’n oa­se is nie. Reg teen die dorp en sy win­ger­de is klip­rant­jies met heel­wat ko­ker­bo­me. En ko­ker­bo­me

groei glad nie in re­ën­wou­de nie.

1 Bol­la Louw, Oran­je­ri­vier-wyn­kel­ders se kel­der­be­stuur­der, word ver­dwerg deur dié wyn­ko­ö­pe­ra­sie se e­nor­me tenks. 2 Van die Ka­la­ha­ri Ga­te­way-ho­tel se 540 son­pa­ne­le is op die self­sor­ghui­sies se dak­ke aan­ge­bring. 3 “Ek het in die paar jaar op Ka­ka­mas al­les ge­leer van drui­we, ro­sy­ne en wyn. Al­mal hier praat al­tyd drui­we, ro­sy­ne en wyn,” sê Dick Ven­ter, ei­e­naar van die Ka­la­ha­ri Ga­te­way-ho­tel. 4 Ka­ka­mas se sus­hi-sjef, Ger­rit de Beer, en sy dog­ter, S­te­pha­nie. Ger­rit is só erg oor sus­hi hy het sus­hi-ta­toe­ëer­mer­ke op al­bei sy arms ge­kry.

Die Ha­ne­kom-man­ne van Die Mas-boer­de­ry is van links, Vlok jr., oom Vlok en Coet­zer. Jy kan on­der hier­die ein­ste pri­eel kom sit en aan hul­le wy­ne en bran­de­wyn teug.

HEEL BO Ko­maan, dink aan die drui­we en moe­nie so kwaai stof op­skop nie. BO Da­nie van der West­hui­zen, Die Mas se wyn­ma­ker, staan in hul­le on­der­grond­se kel­der waar van hul­le wy­ne en bran­de­wyn in va­te lê. Die NG kerk was ver­ant­woor­de­lik vir Ka­ka­mas se ont­staan en is van­dag steeds, let­ter­lik en

fi­guur­lik, die mid­del­punt van die dorp.

HEEL BO Og­gend­gods­diens en ge­san­ge in die win­ger­de saam met pas­toor Frans Pan­ter is ’n u­nie­ke be­le­we­nis. BO Hy het self by HMO skool­ge­gaan en in hier­die ban­ke ge­sit en nou gee Bar­nie Mans weer vir an­der in hier­die ban­ke klas.

HEEL BO As Ho­ër­skool Mar­tin Oost­hui­zen ma­triek­af­skeid hou, is dit so goed soos in Hol­ly­wood. Elai­ne Koort­zen (on­der­hoof­mei­sie) en Hen­ri T­hi­ri­on (on­der­hoof­seun) is be­hoor­lik uit­ge­vat vir die aand.

BO Riem­vas­maak se warm­bron­ne is ’n moet wan­neer jy in Ka­ka­mas is. Heer­li­ke warm wa­ter bor­rel so­wat 70 km noord van Ka­ka­mas uit die droë loop van die Mo­lo­po­ri­vier.

Die Augra­bies-wa­ter­val bruis nie al­tyd só mooi nie. Hier­die fo­to is in 2014 ge­neem toe die Oran­je­ri­vier sterk ge­loop het ná goeie so­mer­re­ën.

By dr. Alf­red Hi­te se spreek­ka­mer (en huis). Langs hom is sy vrou, Zel­da (links) en sy as­sis­tent, Ja­net­ta Lut­tig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.