180º

Sy was ja­re lank die reg­ter­hand van oudpres. Nel­son Man­de­la, en in 2014 het die blits­ver­ko­per Goei­e­mô­re, mnr. Man­de­la uit haar pen ver­skyn. Zel­da la Gran­ge wys die plek wat haar rus­tig s­tem.

Weg! Platteland - - News -

Zel­da la Gran­ge hou stil in die Ka­roo – en kyk

Stil­te trek my aan. As ek my op ’n vreem­de plek be­vind, staan ek graag voor sons­op­koms op of hou die sons­on­der­gang dop. Op e­ni­ge plek ter wê­reld is dit die stil­ste tyd van die dag, maar op el­ke plek is dit ook an­ders.

Dié foto het ek een jaar op LeeuGam­ka in die Ka­roo ge­neem ter­wyl ek op pad was Kaap­stad toe. Ek be­plan ten min­ste een so ’n rit per jaar – óf in my mo­tor saam met my hon­de óf net ek op my mo­tor­fiets. Ek het spe­si­fiek teen sons­on­der­gang stil­ge­hou en die foto ge­neem om­dat die to­neel ’n ma­gie­se kwa­li­teit ge­had het. Ek het daar ge­sit tot die son ag­ter die ho­ri­son ver­dwyn het.

Toe ek te­rug­klim in my voer­tuig, het my ore ge­suis. En ek het be­sef dis die stil­te wat so oor­ver­do­wend was. Daar was nie eens die rit­se­ling van gras nie.

Ek is lief vir die stad en die e­ner­gie wat daar­mee ge­paard­gaan, maar ek smag na die stil­te van die Ka­roo – juis daar­die oor­ver­do­wen­de stil­te wan­neer ’n mens op jou eie kan wees met net jou eie ge­dag­tes. Ek sou graag een­dag op ’n stil plek­kie soos dié wou af­tree, in ’n ou ver­val­le huis wat baie werk verg waar­in ek my hart en siel kan stort. Ek dink op só ’n plek kom ’n mens tot rus­te en be­gin jy eint­lik eers leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.