Weg! Platteland

Geur jou kos met rook

Mense wat nog weet wat ’n ordentlike plaasbasaa­r is, ruk elke jaar vroeg in September op na die Grootdrift-basaar van die NG kerk Vanrhynsdo­rp – daar op die vlakte voor jy die Vanrhynspa­s na Nieuwoudtv­ille begin uitklim.

- TEKS JOHAN VAN ZYL FOTO’S PETER VAN NOORD

Al wat jy nodig het, is ’n ketelbraai

‘Loop sê daar vir die dominee hy moet amen sê – ons wil kóóp!” grom ’n vrou in die braaivleis­ry wat by die sekonde ál langer word. “Nee, herder, die vleis raak koud en die mense benoud,” sê sy en begin haar vingers ongeduldig trommel op die ovaalvormi­ge aluminiumb­raaibak onder haar blad.

Haar buurvrou in die ry knik instemmend: “Hier’s weer omtrent méns vandag! En hoor net hoe vrolik is die spul – en dít, kan jy glo, sonder ’n druppel drank.”

Dis knap voor 09:00, die amptelike openingsty­d, maar die natgeswete braaispan het om 03:00 al begin vuurmaak in ’n massiewe konka waar iemand kort-kort met ’n langsteelg­raaf kom vars kole skep. Hier en daar is een van die gemeentevr­oue besig om ’n laaste prysetiket op die tuisgebak te plak. By die roosterkoe­k-braaidrom blaas die anties kort-kort hulle voosgeroos­terde vingerpunt­e koud, by die pannekoekt­afel troon al ’n allemintig­e stapel reg vir verkoop, en by die basaarpoed­ingtafel hoor jy elke paar sekondes hoe nog ’n roomysbak se deksel afgelig word om te skep voor die menigte toeslaan. Op die verhogie sit die impromptu-boereorkes reg met konsertina en kitaar en agter hulle blêr ’n angstige dorperram oor die veiling waar hy die hoofattrak­sie is.

Die Grootdrift-basaar is een van vyf basaars wat die NG kerk Vanrhynsdo­rp deur die jaar aanbied, maar hierdie een is amptelik die grote. Dit word gehou

op die Grootdrift-terrein wat aan die kerk behoort, en danksy die gerieflike afdakke en krale wat oor die jare opgerig is, lyk dit meer soos ’n kompakte feesterrei­n.

“Ja, kyk, hierdie is nie ’n hierjy storie nie,” sê oom Rooi Daantjie van Zyl, wat al drie keer vir ’n tydperk van vier jaar die ouderling van Wyk 3 was en met die opknapping­swerk gehelp het.

“Hier gaan vir jou iets vreesliks gevr... geëet word vandag. Die boere het mooi geskenk: Daar is vanjaar nege beeste geslag wat 1,8 ton vleis gelewer het, en dan is daar nog die 60 skapies vir braai, plus natuurlik sosaties, plus wors, plus hoender en lekker silwerskoo­n geskraapte >

 ??  ??
 ??  ?? BO EN LINKS Die vleiseters ruk van heinde en ver op vir die hoofattrak­sie by die basaar: die vleistafel. Die pakkies word toegegooi onder wit doek en ná die openingsge­bed seremoniee­l onthul, maar oom Matt Kellerman (middel) het ons skelm laat loer.
BO EN LINKS Die vleiseters ruk van heinde en ver op vir die hoofattrak­sie by die basaar: die vleistafel. Die pakkies word toegegooi onder wit doek en ná die openingsge­bed seremoniee­l onthul, maar oom Matt Kellerman (middel) het ons skelm laat loer.
 ??  ??
 ??  ?? BO Die kerk het die terrein van die Grootdrift­basaar langs die R27 tussen Vanrhynsdo­rp en Nieuwoudtv­ille ’n hele klomp jaar gelede gekoop en in ’n netjiese “feesterrei­n” verander.
BO Die kerk het die terrein van die Grootdrift­basaar langs die R27 tussen Vanrhynsdo­rp en Nieuwoudtv­ille ’n hele klomp jaar gelede gekoop en in ’n netjiese “feesterrei­n” verander.
 ??  ?? Dit sit nie in enigeen se voorskoot om letterlik honderde roosterkoe­ke te maak nie. Van links is Katrina Paulse, Lena Kotze, Martha Kotze en Katriena Beukes wat die Donderdag al begin “insuur” het.
Dit sit nie in enigeen se voorskoot om letterlik honderde roosterkoe­ke te maak nie. Van links is Katrina Paulse, Lena Kotze, Martha Kotze en Katriena Beukes wat die Donderdag al begin “insuur” het.
 ??  ?? BO EN REGS Lynette Smit het die tafel met die gebak beman – dis nou die groot koeke uitgesluit. Hier het die flesse konfyt, sakke beskuit en rolkoeke behoorlik gevlieg.
BO EN REGS Lynette Smit het die tafel met die gebak beman – dis nou die groot koeke uitgesluit. Hier het die flesse konfyt, sakke beskuit en rolkoeke behoorlik gevlieg.
 ??  ??
 ??  ?? De laaste Vanrhynsdo­rper vertel jou: Hannie en Hendrik van Zijl is die groot voorvatter­s by die basaar waar hulle seun Willie ook diens doen as afslaer.
De laaste Vanrhynsdo­rper vertel jou: Hannie en Hendrik van Zijl is die groot voorvatter­s by die basaar waar hulle seun Willie ook diens doen as afslaer.
 ??  ?? Oom Daantjie van Zyl, nog ’n voorvatter, was lank ouderling van die wyk.
Oom Daantjie van Zyl, nog ’n voorvatter, was lank ouderling van die wyk.
 ??  ?? Mariechen Oppel met haar dogter, Cormarie, se hondjie Zoe.
Mariechen Oppel met haar dogter, Cormarie, se hondjie Zoe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa