Koop min­der, plant meer

Weg! Platteland - - Redakteursbrief - Jo­han & Pe­ter

In die ja­re ses­tig, se­wen­tig en tag­tig het din­ge heel­wat an­ders ge­werk as van­dag. Toe het kin­ders nog vry op fiet­se rond­ge­ry en klei­lat ge­speel en vrug­te ge­steel en tok­tok­kie ge­speel en vroeg gaan slaap – gaan lees maar Al­ber­tus van Wyk se ru­briek op bl. 16. Vroue se rol was, wel, ef­fens an­ders, en die ver­brui­kers­kul­tuur was so ver ver­wy­der van van­dag s’n soos ’n Slo­waak­se sportspan van e­ni­ge Wê­reld­be­ker.

Wie sou daar­die ja­re op ’n Sa­ter­dag­mid­dag of Son­dag selfs dink aan in­ko­pies? Win­dow-shop­ping was die naas­te wat jy ooit op die Sab­bat aan ’n win­kel sou kom. Selfs vul­sta­sies het saans ge­sluit, en van ge­riefs­win­kels wat reg­deur die nag oop is, was daar nie spra­ke nie. Jou groen­te het jy vars by die groen­te­win­kel gaan koop (met nog hier en daar ’n grond­jie aan, én dalk ’n in­sek­byt­merk). Jy het net ge­noeg ge­koop vir ’n dag of twee, want mô­re, oor­mô­re het hul­le be­gin ver­lep. (Wie het daar­die ja­re van ’n ver­val­da­tum ge­weet?) Van gre­na­del­las in die win­ter kon jy maar ver­geet en mie­lies het jy net ge­kry as dit mie­lie­tyd was. Boer­bo­ne of vars ert­jies in die so­mer kon jy op jou maag skryf.

En van­dag? Van­dag kry jy in su­per­mark­te en ge­riefs­win­kels rye en rye “vars” pro­duk­te wat on­der ne­on­lig­te lê en glim. Vei­lig vas­ge­klem tus­sen po­lis­ti­reen en kleef­plas­tiek. Jy kan om­trent e­ni­ge vrug of groen­te­soort om­trent e­ni­ge tyd van die jaar kry mits jy met ’n vet beur­sie rond­loop. As jy vier­uur op ’n Maan­dag­og­gend in die win­ter oor­val word deur ’n lus vir as­per­sies, dan kan jy gou ’n trui oor jou kop gooi en deur­nag­win­kel toe ry en dit koop. Jy sien die ver­val­da­tum is oor ’n week en las dan nog vier dae by om­dat vars pro­duk­te dees­dae so goed hou. En dan koop jy som­mer vir vol­gen­de Son­dag ook.

’n Mens wil am­per aan die ju­bel gaan oor hoe mo­dern ons ge­word het...

Tog het ’n paar sto­ries in hier­die uit­ga­we ons weer laat dink: Dit be­gin by die brok­kie op die nuus­blaaie (bl. 12) oor die mil­joe­ne ton slaai­bla­re wat el­ke jaar on­der die ein­ste kleef­plas­tiek lê en sly­me­rig word en uit­ein­de­lik in vul­lis­drom­me be­land; daar’s die sto­rie oor Colleen Black (bl. 62) en haar man wat ver­pak­kings­ma­te­ri­aal soos die pes ver­my en mees­ters is van ’n geen­af­val­leef­styl; en daar’s Se­an Hor­mann (bl. 98) wat wei­er om deur kuns­ma­ti­ge en ge­vaar­li­ke mid­dels sy ge­rook­te pro­duk­te ’n rak­le­we te gee.

Dan is ons op­nuut dank­baar vir die voor­reg om ons eie kos te plant en din­ge self te maak en vir ou goed ’n nut te vind. So­dat ons sta­di­ger en lek­ker­der kan leef. Soos in die ou dae.

Ge­niet die blaas­kans. Sien jul­le in die herfs weer!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.