Weg! Platteland

Ontmoet die mense

-

Susan Witbooi Werk by Rose Café en die Belvedere-gastehuis

“Ek werk al 13 jaar hier en het al baie oulike mense ontmoet. Hier kom baie mense verby. Veral in die blommetyd.”

Sandra van Tonder Eiendomsag­ent by Seeff

“Ons het van Swellendam af hierheen getrek. Toe ons deur die Boesmanlan­d ry, het ek gehuil dat die trane spuit. Maar toe ek Kakamas sien, het ek beter gevoel. Dis werklik ’n oase.”

Barbie Solomons Werk by Die Pienk Padstal

“Hier kom baie toeriste verby en ons Engels is nie van die beste nie. Onsons praatpraat opop onseonse maniermani­er enen soso in between, maar die mense verstaan en sê

hulle like hoe ons praat.”

Suzanne Fourie Oud-inwoner, nou boekhouer in Pretoria

“Ek het op Kakamas grootgewor­d en verlang nog baie terug. Hier word vreemdelin­ge vriende. Die mense is regtig vriendelik en laat jou baie gou tuis voel.”

Randy van Wyk Wynassiste­nt by Die Mas

“Met al die ontwikkeli­ng is hier baie werk. Die wynmakery is ’n helse job, maar dit is baie interessan­t en ek is bly ek kon so ’n kans kry.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa