Hi­dro­ë­lek­trie­se krag­sta­sies

Weg! Platteland - - My Dorp -

Aan die be­gin van 2015 is aan­ge­kon­dig dat Suid-a­fri­ka se eer­ste hi­droe­lek­trie­se krag­sta­sie be­sig is om krag op te wek deur die vloei van die Oran­je­ri­vier oos van Ka­ka­mas te ge­bruik.

Die Neus­berg­pro­jek, na­by die Neus­berg­stu­wal van waar Ka­ka­mas se le­gen­da­rie­se be­sproei­ings­ka­na­le ook be­gin, wek 10 MW krag op, ge­noeg vir 5 000 huis­hou­dings. Die wa­ter vir die pro­jek word uit die noord- ka­naal ge­keer en ’n 15 m-val word ge­bruik om die sta­sie se tur­bi­ne aan die draai te kry.

Maar Ka­ka­mas het al in der waar­heid in die vroeë 20ste eeu só ’n krag­sta­sie op die dorp ge­had. Die Trans­for­ma­tor­ge­bou in Voor­trek­ker­straat is in 1914 deur die S­wit­ser A.B. Han­gart­ner ge­bou. Na­dat Han­gart­ner ge­sien het Ka­ka­mas en E­gip­te lê op die­self­de leng­te­graad, het hy die ge­bou in die vorm van ’n E­gip­tie­se tem- pel ge­bou. Ka­ka­mas se naam is aan die voor­kant van die ge­bou aan­ge­bring, in ’n ou E­gip­tie­se skryf­styl – dit word dus van regs na links ge­lees. Die da­tum daar­on­der is in Ro­meins.

Bin­ne die ge­bou is wa­ter ook ge­bruik om krag op te wek om die dorp se meu­le (oor­kant die straat) en van die hui­se van krag te voor­sien. Die Trans­for­ma­tor­ge­bou is in 1988 tot na­si­o­na­le ge­denk­waar­dig­heid ver­klaar.

Neus­berg­pro­trans­for­ma­tor­ge­bou­jek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.