Weg! Platteland

Wees voorbereid

-

Voor jy uitdraf na die naaste kwekery en ’n paar koivisse koop, sorg dat jy alles agtermekaa­r kry. Koivisse het spasie nodig, en baie daarvan ook, én die regte lewensomst­andighede. Net soos enige ander troeteldie­r.

Chris se raad vir beginners is: “Word ’n watereiena­ar vóór jy ’n koi-eienaar word. Leer alles oor die kuns van gesonde water. ’n Koivis se wêreld is die beperkte ruimte van die dammetjie waarin hulle bly. Daarom moet hierdie omgewing so gesond as moontlik wees.”

Hannes van Aswegen ( foto links), eienaar van die Pick n Pay op Vryburg, is nog ’n man wat ernstig is oor sy koivisse, en hy gaan skou gereeld met sy beste visse in Bloemfonte­in, Johannesbu­rg en Durban. Ook hy meen jy moet eerstens fokus op jou dam. “Dit maak nie saak hoe die vis lyk as jy hulle kry nie. Jy moet seker maak jy kry jou dam en die ekologie van jou water reg,” sê hy.

Hannes hou sy kampioenvi­sse in ’n plaasdam wat vir besproeiin­g gebruik word – dus word omtrent 10% van die water daagliks met vars boorgatwat­er vervang. Daarom, sê hy, het hy nog nooit ’n enkele siek vis gehad nie. Maar dis geen gewone plaasdam dié nie. Dit hou ongeveer 33 000 liter water en is toegerus met drie pompe, filters en ’n suurstofpo­mp wat dag en nag loop – en dit vir net 14 visse.

“Dis báie spesiale visse...” sê Hannes.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa