KITSPLANNE MET DRUI­WE

Weg! Platteland - - Kook Met Druiwe -

• Drui­we ver­leen ’n sub­tie­le soet geur aan ge­braai­de vis en ge­bak­te hoen­der – ryg kor­rels op stok­kies saam met blok­kies hoen­der wat in mosterd ge­ma­ri­neer is, en braai dit oor die ko­le.

• Kom­bi­neer dit met ’n bit­ter smaak in

’n slaai van wit­loof en pe­kan­neu­te. • Gee vrug­te­slaai ’n nu­we kin­kel met ’n sou­sie van ta­hi­ni wat jy met suur­le­moen­sap ver­dun en met ’n bie­tjie heu­ning ver­soet.

•Gooi’ n hand­vol mid­del­deur ge­sny­de drui­we in jou plaat­koe­kie be­slag en braai die plaat­koe­kies soos ge­woon­lik. Sit dit vir ont­byt voor met kaas en heu­ning.

• Skep vir ont­byt ’n le­pel vol drui­we­kor­rels saam met heu­ning op ge­roos­ter­de brood wat jy dik met ri­cot­ta­kaas ge­smeer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.