Weg! Platteland

Platteland­se nooiens

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 5 minute Gaarmaakty­d 10 minute

Hierdie “boerejonge­ns” vat net ’n paar minute en kan warm met ’n koek óf koud met kase soos vars ricotta, feta of camembert voorgesit word.

Jy benodig

• 2 koppies (500 ml) druiwekorr­els

• ½ glas (100 ml) hanepoot, muskadel of

ander soetwyn

• 4 eetlepels (60 ml) heuning

Só maak jy

Sit die druiwe, wyn en heuning in ’n kastrollet­jie en verhit die mengsel stadig vir 5-10 minute. Ek sit dit vir 2-5 minute op Hoog in die mikrogolfo­ond – sommer in die bakkie waarin ek dit gaan voorsit. Moenie dit laat kook nie, anders verdamp die alkohol. Proe en voeg nog heuning of wyn na smaak by. Wanneer dit deurwarm is, verwyder dit van die hitte en laat dit eenkant staan om effens af te koel. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa