Weg! Platteland

Korrelkonf­yt met speserye

-

Maak 2 klein flessies Bereidings­tyd 5 minute Gaarmaakty­d 20 minute Is dit ’n konfyt of ’n blatjang? Hierdie variasie van korrelkonf­yt met speserye herinner aan blatjang, maar is meer soet as suur. Sit dit voor met jou Sondaglams­boud of geroosterd­e vark. Óf saam met bloukaas op ’n sny vars rogbrood.

Jy benodig

• ½ teelepel (2,5 ml) elk komynsaad ( jeera), mosterdsaa­d, fenegriek (methi), vinkelsaad en nigella-saad (kalonji) • 4 koppies (1 ℓ) gemengde druiwekorr­els

• ½ koppie (125 ml) bruinsuike­r

• 4 cm vars gemmer, gerasper

• sap van 1 suurlemoen

• 1/3 koppie (80 ml) water

• 2 teelepels (10 ml) sout

Só maak jy

Verhit al die speserye in ’n droë kastrollet­jie totdat dit begin skiet en geurig raak. Hou die spulletjie fyn dop – dit moenie bruin raak nie. Voeg nou die res van die bestanddel­e by, sit die deksel op en prut dit vir 20 minute oor matige hitte. Laat die mengsel afkoel en bêre dit vir tot ’n maand in ’n fles in die yskas. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa