Weg! Platteland

Druiwe-envinkelpa­sta

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 30 minute

Pasta met rosyntjies het sy herkoms in Sardinië. Sit dit op ’n soel somersaand voor met ’n glas goeie droë witwyn.

Jy benodig

• 2 koppies (500 ml) kokende

tuisgemaak­te hoenderaft­reksel • 1 knippie saffraan • ’n hand vol sultanas • 2 groot vinkelboll­e • 6 eetlepels (90 ml) olyfolie • 2-3 salotte, fyngekap • 300 g spaghetti-pasta • 10 cm chorizo, in vuurhoutji­es

gesny • 1 koppie (250 ml) druiwe

korrels, middeldeur gesny • 200 g amandelvlo­kkies of

-splinters, liggies gerooster • 4 eetlepels (60 ml) broodkrumm­els

Só maak jy

Gooi die kokende aftreksel oor die saffraan en sultanas. Kap die bolgedeelt­e van die vinkel plus 2-3 cm van die stingel fyn. Verhit die olyfolie in ’n pan en soteer die vinkel en salotte daarin tot dit sag is. Gooi die aftreksel met die saffraan en sultanas by die groente en prut dit vir 5 minute oor lae hitte.

Kook intussen die spaghetti in kokende soutwater tot al dente. Roerbraai die chorizo en druiwe in ’n tweede pan oor hoë hitte tot dit deurwarm is. Skep die mengsel uit en hou dit eenkant (moenie die pan uitvee nie). Roerbraai die amandels en broodkrumm­els liggies daarin tot net-net goudbruin.

Dreineer die pasta en verdeel dit tussen die borde. Skep van die vinkelsous bo-oor. Verdeel die druiwe en chorizo tussen die borde, en sprinkel amandels en broodkrumm­els oor elke porsie.

WENK

As jy van die geroosterd­e sjerriehoe­nder (resep op bl. 91) of gerookte makriel (sien die artikel “Waar ’n rokie trek”, bl. 108) byderhand het, vlok daarvan in hierdie pasta – dit sorg vir ’n heerlike ekstra oemf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa