Ge­stop­te ge­rook­te ris­sies

Weg! Platteland - - Gerookte Geur -

Ge­noeg vir 4-6 Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 20 mi­nu­te Dié ris­sies is fan­tas­tie­se so­mer­hap­pies. As jy suk­kel om ja­la­peño­ris­sies in die han­de te kry, kan jy dit ver­vang met soet­ris­sies wat jy in kwar­te sny.

Jy be­no­dig

• 6 ja­la­peño­ris­sies

• 150-200 g b­rie

• 1 eet­le­pel (15 ml) ge­rook­te­ris­sie­sous (re­sep op bl. 106, of pro­beer Ta­bas­co se c­hi­pot­le-geur)

• 12 stuk­kies vars o­ri­ga­num

• 6 re­pe stre­pie­spek, mid­del­deur ge­sny

Só maak jy

Sny die ris­sies in die leng­te mid­del­deur en skraap die pit­te uit. Sny die kaas in 12 e­we­re­di­ge re­pe en sit ’n stuk­kie in el­ke ris­sie­hal­we. Drup van die ris­sie­sous oor, sit ’n hal­we tak­kie o­ri­ga­num op elk­een en draai dit toe met spek. Steek die bon­del­tjie met ’n tan­de­stok­kie vas.

Be­rei jou ro­ker voor. Pak die ris­sies met die kaas na bo in die ro­ker (an­ders sal dit uit­loop), sit die dek­sel op en rook dit vir 20 mi­nu­te. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.