Die dae voor ver­pak­kings

Weg! Platteland - - Vertel Ons -

Ek het nou net die Re­dak­teurs­brief in Plat­te­land #9 ge­lees en stem met al­les saam.

Ek ont­hou in die laat ja­re vyf­tig en ses­tig was al­les so stil en rus­tig... op Son­dae het ons na die Por­tu­gees se groen­te­win­kel ge­gaan en vir ’n paar sjie­lings ’n he­le ta­ma­tie­hout­kis­sie vol groen­te – en som­mer die Son­dag­koe­rant ook – ge­koop.

In die ka­fee het jy ge­vra vir ’n do­syn ei­ers en dit is in ’n bruin pa­pier­sak­kie ge­pak. Jy het ge­vra vir ’n half­pond kaas, wat dan af­ge­weeg, ge­sny en in wit pa­pier toe­ge­draai is. Daar was nie ’n ding soos plas­tiek­sak­ke of bok­sies vir ei­ers nie. Die mel­ke­ry het melk in glas­bot­tels af­ge­le­wer en jy het die vo­ri­ge dag se skoon­ge­was­te bot­tels vir die melk­man op die stoep ge­los. La­ter het hul­le ook le­moen­sap in sul­ke glas­bot­tels af­ge­le­wer.

By die slag­huis was daar ’n sif­deur en saag­sels op die vloer. Wat­ter snit jy ook al wou aan­skaf, het die blok­man vir jou ge­sny en ge­weeg en in bruin­pa­pier toe­ge­draai. By die OK Ba­zaars het jy by ’n lang toonbank ge­wag, en dan moes jy vra vir al­les wat ag­ter die toonbank op die rak­ke sig­baar was. Ja, jul­le, daai was lek­ker tye! He­ster Hend­ry, SI­MON­STAD >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.