Pam­poen­koe­kie­tert

Weg! Platteland - - Pampoen -

Maak 16 blok­kies Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 30 mi­nu­te

Om pam­poen­koe­kies vir baie men­se te maak kan tyd­ro­wend wees – én ’n lo­gis­tie­ke nag­mer­rie. Dié lek­ker vin­ni­ge tert doen die ding ewe goed. Vir in­di­vi­du­e­le por­sies kan jy die hol­tes van ’n kol­wyn­tjie­pan­ne­tjie drie­kwart vol skep met die meng­sel en dit dan vir on­ge­veer 15 mi­nu­te bak.

Jy be­no­dig

• 300 g bot­ter­skor­sie • 5 eet­le­pels (75 ml) sag­te bot­ter plus

ek­stra om te s­meer • ¾ kop­pie (180 ml) sui­ker • 3 ei­ers • 4 eet­le­pels (60 ml) koek­meel • 1 eet­le­pel (15 ml) bak­poei­er • ½ tee­le­pel (2,5 ml) fyn ka­neel • ’n knip­pie sout • ge­ras­per­de skil van 1 le­moen

Só maak jy

Ver­hit die oond 180 ºc en s­meer ’n vier­kan­ti­ge oond­bak van 20 x 20 cm met bot­ter. Ras­per die bot­ter­skor­sie aan die fyn­ste kant van die ras­per – as jy dit te grof ras­per, sal die teks­tuur nie heel­te­mal reg wees nie.

Room die 5 eet­le­pels bot­ter en sui­ker saam tot dit lig en don­sig is. K­lits die ei­ers een-een by. Meng die meel, bak­poei­er, ka­neel en sout en vou dit by die meng­sel in. Vou die le­moen­skil en bot­ter­skor­sie in en meng al­les goed deur. Krap die meng­sel uit in die oond­bak en s­prin­kel ek­stra ka­neel­sui­ker oor. Bak dit vir 30 mi­nu­te tot goud­bruin en sit dit warm voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.