Gar­na­le met ’n tro­pie­se sous

Weg! Platteland - - Grenadellas -

Maak 1 kop­pie Be­rei­dings­tyd 5 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 5 mi­nu­te

Hier­die tro­pie­se ris­sie­sous uit Ha­waii is ’n lek­ker smaak­ver­ras­sing: vrug­tig, soe­te­rig, ef­fens bran­de­rig en ’n heer­li­ke pas­maat vir gar­na­le, ge­braai­de vark, hoen­der of see­kos – óf klein varks­noep­wor­sies of frik­ka­del­le­tjies.

Jy be­no­dig

VIR DIE SOUS • 1 kop­pie (250 ml) gre­na­del­la­pulp • 2 ryp ta­ma­ties, ge­kap • 4 spriet­uie, ge­kap • 4 knof­fel­hui­sies, ge­kap • ¼ kop­pie (60 ml) bruin­sui­ker • 4 rooi brand­ris­sies, pit­te uit­ge­skraap

en fyn­ge­kap • sap van ½ suur­le­moen

VIR DIE GAR­NA­LE • 500 g gar­na­le, skoon­ge­maak en dop­pe

ver­wy­der • 3 ei­ers, ge­klits • 1 kop­pie (250 ml) fyn droë klap­per • a­vo­ka­do- of klap­per­o­lie (of ge­bruik e­ni­ge

o­lie met ’n hoë rook­punt)

Só maak jy

Maak die sous deur al die be­stand­de­le in ’n voed­sel­ver­wer­ker saam te pols tot glad. Laat dit vir 5 mi­nu­te prut in ’n ka­strol­le­tjie en voeg dan nog sui­ker of suur­le­moen­sap na smaak by. Skep dit in ’n fles en bê­re dit vir hoog­stens ’n maand in die ys­kas of vries dit in klei­ner por­sies.

Maak die gar­na­le deur dit een- een in ei­er te doop, dan in die klap­per, dan weer in die ei­er en weer in die klap­per voor jy dit in o­lie vlak­braai tot goud­bruin en gaar. Laat dit op kom­buis­pa­pier drei­neer en sit dit voor met die pi­kan­te sous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.