G­re­na­del­la­stroop

Weg! Platteland - - Grenadellas -

Maak 1½ li­ter Be­rei­dings­tyd 5 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 10 mi­nu­te

Met ’n bot­tel van hier­die s­troop in die ys­kas kan jy ook vin­nig jou eie ys­tee maak deur een­vou­dig koue rooi­bos­tee na smaak met die s­troop te geur en met baie ys voor te sit.

Jy be­no­dig

• 4 kop­pies (1 li­ter of 880 g) sui­ker • 2 kop­pies (500 ml) wa­ter • sap van 2 suur­le­moe­ne • 1 kop­pie (250 ml) gre­na­del­la­pulp

Só maak jy

Gooi al die be­stand­de­le in ’n ka­strol en roer dit oor ma­ti­ge hit­te tot die sui­ker op­ge­los het. Ver­hit dit tot kook­punt en laat dit vir 1-3 mi­nu­te prut so­dat dit ef­fens kan ver­dik. Gooi die warm s­troop in ’n ge­ste­ri­li­seer­de bot­tel of twee, laat dit heel­te­mal af­koel, ver­se­ël die bot­tels en bê­re dit vir tot ’n maand in die ys­kas. Ver­dun dit met wa­ter of so­da­wa­ter en sit dit voor saam met baie ys.

WENK

Ek het dié s­troop ook al vin­nig in ’n groot be­ker in die mi­kro­golf­oond ge­maak – jy kook bloot al­les saam op Hoog tot die sui­ker op­ge­los het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.