S­weed­se aar­bei­en-gre­na­del­la­kon­fyt

Weg! Platteland - - Grenadellas - Herfs 2016

Maak 2 kop­pies Be­rei­dings­tyd 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 40 mi­nu­te

Die S­we­de maak kon­fyt met baie min­der sui­ker as waar­aan ons ge­woond is en dit het ’n lo­pe­ri­ger teks­tuur. Dié on­ge­wo­ne kon­fyt is heer­lik saam met plaat­koe­kies vir ont­byt, as vul­sel vir ’n klas­sie­ke spons­koek of saam met ri­cot­ta­kaas en be­skuit­jies. Om­dat die kon­fyt so min sui­ker be­vat, moet jy dit in die ys­kas hou en bin­ne vier dae ge­bruik, of an­ders kan jy soos die S­we­de maak en dit in klei­ner por­sies vries en oor­nag in die ys­kas ont­dooi soos jy dit no­dig kry.

Jy be­no­dig

• 700 g aar­beie, blaar­tjies ver­wy­der • 1 kop­pie (250 ml) gre­na­del­la­pulp • 150 g sui­ker

Só maak jy

Sny die aar­beie in kwar­te en sit dit in ’n ka­strol. Sny die gre­na­del­las mid­del­deur, skraap die pulp uit en gooi dit saam met die helf­te van die skil­le en die sui­ker by die aar­beie in die ka­strol (die skil­le sorg vir ’n in­ten­ser gre­na­del­la­geur). Roer die meng­sel oor ma­ti­ge hit­te tot die sui­ker ge­smelt het, en prut dit dan vir om­trent 30 mi­nu­te oor lae hit­te om te ver­dik – hou die hit­te laag om te keer dat dit aan­brand of skuim vorm.

Skep die skil­le uit en gooi dit weg. Druk e­ni­ge groot stuk­ke aar­bei ef­fens fy­ner. Die kon­fyt is soos ’n vrug­te­pu­ree en sal nie dik raak of stol nie. Skep dit in fles­sies en vries wat jy nie da­de­lik gaan ge­bruik nie. Maak die fles­sies wat jy wil vries, slegs drie­kwart vol en vries dit oop voor jy die dek­sels op­draai. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.