My lap­pie plaas in Be­no­ni

As jy aan die s­tuur staan van ses maat­skap­pye, waar­on­der Ku­lu­la en B­ri­tish Air­ways Co­mair, dan is ’n le­we in die stad jou voor­land. Nie as jy E­rik Ven­ter, uit­voe­ren­de hoof van Co­mair Be­perk, is nie. Hy het be­sluit die plat­te­land moet Oos-rand toe kom.

Weg! Platteland - - 180 º -

Ek het groot­ge­word in die gram­ma­doe­las tus­sen So­mer­set-wes en S­tel­len­bosch, nog voor die dae van die wyn­roe­te. Ek het gaan stap in die Bo­land­se ber­ge, die Swart­berg en in die T­sitsi­kam­ma, gaan kloof­stap na­by Vil­liers­dorp en teen Ta­fel­berg uit­ge­klou­ter – e­ni­ge plek waar die lug groot en oop en skoon is. Toe t­rek ek Be­no­ni toe. As jy al Suid-a­fri­ka se at­trak­sies op ’n kaart merk en dan die punt kry wat ewe ver van al­mal en die ver­ste weg is van e­ni­ge stuk­kie na­tuur­skoon, dan sal jy jou in al­le waar­skyn­lik­heid in Be­no­ni be­vind. My kin­ders het die myn­ho­pe Ta­fel­berg ge­noem – as die wind waai, hang daar selfs ’n s­tof­wolk bo-oor hul­le.

As ek nie na die plat­te­land toe kon gaan nie, dan moes ek die plat­te­land maar Be­no­ni toe bring. Daar­om het ek vir my ’n vrou­tjie ge­soek wat nie in ’n mall groot­ge­word het nie, ’n lap­pie aar­de van 5 ak­ker in ’n land­bou­ge­bied ge­koop, ’n plaas­huis ge­bou en ’n rits die­re aan­ge­skaf: per­de, hon­de, kat­te, gan­se, hoen­ders, een­de en ’n rits an­der klein bruin ou­tjies. Maar nie een van die die­re mag ge­ëet word nie, want ie­der­een het ’n naam.

Nou is my guns­te­ling­plek in die plat­te­land Be­no­ni. Ek het selfs ont­dek die ou deel is ’n bie­tjie soos ’n dorp, met mooi ou hui­se waar jy goed soos kof­fie, twee­de­hand­se boe­ke en ge­re­stou­­reer­de meu­bels kan koop…

Goed, dis nie die wa­re Ja­kob nie – maar ko­maan, moe­nie my droom ver­plet­ter nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.