Die ‘in­kom­mer’-blu­es

Weg! Platteland - - Redakteursbrief - Jo­han & Pe­ter

Toe ons drie jaar ge­le­de die eer­ste uit­ga­we van Plat­te­land be­plan, het ons ge­dink 60-70% van ons ver­ko­pe sal in plat­te­land­se ge­bie­de wees en die res in die be­to­noer­woud en voor­ste­de. Nou weet ons dis net mooi an­ders­om.

Ons weet ook vir die mees­te van ons le­sers is die plat­te­land óf ’n her­in­ne­ring aan hul­le kin­der­dae óf ’n plek waar poot­uit stad­ja­pies ’n blaas­kans kan neem óf ’n droom “vir een­dag wan­neer ons skip­pie in­kom of die Lot­to-boer­pot ons te beurt val”.

In hier­die fan­ta­sie be­staan daar na­tuur­lik nie ’n woord soos “in­kom­mer” nie – dis wat ve­te­raan-dor­pe­naars stads­men­se noem wat deur ’n ro­si­ge, ro­man­tie­se bril na “ou­li­ke dor­pies” kyk en dink al­les gaan net so mak­lik wees soos in die stad, maar met ’n klomp ek­stra voor­de­le soos vrien­de­li­ker men­se, min­der mis­daad, prag­ti­ge on­ge­rep­te na­tuur­skoon, groot oop ruim­tes en by­na ver­blin­den­de hel­der ster­re in die nag...

Maar toe ont­moet ons die voor­sit­ter van Van­wyks­dorp-toe­ris­me (sien bl. 20), De­rick Bo­tha, en sy vrou, A­bi­gail, wat sê: “In ste­de ken jy ie­der ge­val min men­se in jou straat of woon­buurt. As jy en die bu­re nie ge­sels nie, is dit nie vreemd nie, want al­mal kan op hul­le eie aan­gaan. Maar in die Klein-ka­roo werk dit an­ders. Dit maak nie saak wat­ter kwa­li­fi­ka­sie of geld jy het nie: As jy nuut is, word jy vir ’n lang ruk eers uit­ge­kyk – en jou ge­loof­waar­dig­heid hang daar­mee saam.

“Baie slim men­se kom plat­te­land toe met al­ler­han­de i­dees en gaan ’n ruk la­ter weer weg. Hier kyk hul­le eers of jy dalk nog só een is, en vir so lank as wat hul­le jou uit­kyk, sal jy ’n in­kom­mer bly.”

Hoe skud ’n mens daar­die in­kom­me­r­e­ti­ket af?

Mak­lik, sê De­rick. “Wees ge­dul­dig, vrien­de­lik en hulp­vaar­dig. Ska­kel in by dorps­ak­ti­wi­tei­te. Leer so­veel as wat jy kan van al­le in­wo­ners en vra ver­wy­sings en aan­be­ve­lings. Sta­dig oor die klip­pe met skin­der­sto­ries of jou o­pi­nies, want oor ’n paar maan­de sal jy waar­skyn­lik bloos as jou woor­de oor die dorp weer­galm. Maak vre­de met die feit dat jy jou pro­duk­voor­keu­re, koop­pa­tro­ne, in­stand­hou­dings­me­to­des en an­der leef­styl­ge­woon­tes sal moet ver­an­der, an­ders is jy am­per ge­waar­borg om ’n chro­nie­se kla­kous te word. Ver­an­der jou mo­tor­re­gis­tra­sie so gou jy kan. Wel­kom in die plat­te­land.”

Die Klap­per­bos-gas­te­huis was vol­be­spreek toe Plat­te­land Van­wyks­dorp be­soek het, maar die ei­e­naar, Jack Le­wis, het aan­ge­bied dat ons in dié mooi en ge­rief­li­ke hui­sie ag­ter in die werf kan bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.