Jul­le S­wit­ser­se sus­ter

Weg! Platteland - - Vertel Ons -

Ek het in Au­gus­tus 2015 by my sus­ter in S­wit­ser­land ge­kui­er en ken­nis ge­maak met die tyd­skrif Mein S­chö­nes Land, wat ook die plat­te­land­se le­we as te­ma het en ook sei­soe­naal ver­skyn. Ek het een saam­ge­bring en kort daar­na tot my groot vreug­de Plat­te­land ont­dek, waar­mee ek na­tuur­lik baie spog by my sus­ter.

El­ke nu­we uit­ga­we gaan eers by my vrien­din ver­by na­dat ek dit ge­fyn­kam het, en dan is dit reg­uit kof­fie­ta­fel toe om al­mal wat ver­by­kom aan Plat­te­land be­kend te stel. El­ke blad­sy spreek van ge­hal­te en is ’n ple­sier om te lees. Die ver­sky­nings­da­tum van die vol­gen­de uit­ga­we word da­de­lik op die ka­len­der ge­merk so­dat ek dit nie mis­loop nie.

Jo­an A­den­dorff, BLOEM­FON­TEIN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.