EK SA­LU­EER DIE PLAT­TE­LAND

Weg! Platteland - - Vertel Ons -

Ek is ‘n stads­ja­pie, maar lees ge­trou el­ke kwar­taal my Plat­te­land, want sien, al kan ek en my man nog nie heel­te­mal ons plat­te­land­se droom be­waar­heid nie, help jul­le tyd­skrif my da­rem om deel te voel van ons mooi land se men­se – hul­le hart, hul­le kre­a­ti­wi­teit, hul­le aards­heid.

Ek en my man en vier hon­de het on­langs ‘n won­der­li­ke blaas­kans in die Ka­roo, Bet­tys­baai en om­stre­ke ge­had. Op pad soon­toe – en die heel­tyd ter­wyl ons in die plat­te­land was – het die plek­ke en die men­se my siel aan­ge­raak soos el­ke keer te­vo­re nog. En dit het van my ‘n be­ter mens ge­maak. Die vin­ding­ryk­heid, uit­hou­ver­moë en ver­al die le­wens­lus­tig­heid on­danks tal­le uit­da­gings soos die knel­len­de droog­te en ‘n suk­ke­len­de e­ko­no­mie het my weer ne­de­rig ge­maak en self­on­der­soek laat doen.

Ek eer jou, dier­ba­re plat­te­land. Jou dor­pies en jou men­se. Ek be­won­der jou oor jou moed en durf en on­blus­ba­re uit­hou­ver­moë. Dan­kie dat jy vir al­mal van ons wys met die no­di­ge kre­a­ti­wi­teit, har­de werk en deur­set­tings­ver­moë is die voort­du­ren­de ver­an­de­ring mak­lik han­teer­baar. Dit laat ‘n mens nie net oor­leef nie, maar sorg ook vir ‘n ver­vul­de le­we. Dan­kie dat jy al­les en al­mal aan­vaar, vir jou vriend­skap en hart­lik­heid.

Die plat­te­lan­ders is my rol­mo­del­le; dit is jul­le wat my ne­de­rig maak, my uit­daag en my in­spi­reer om ‘n be­ter mens te wees. Dis jul­le wat my weer laat be­sef hoe trots SuidA­fri­kaans ek is. Hei­di Dent, LYNN­WOOD G­LEN, P­RE­TO­RIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.