Voer jou plan­te rooibos

Weg! Platteland - - Nuus En Dagboek -

E­nig­ie­mand wat nog nié van die won­der­baar­li­ke ge­sond­heids­voor­de­le van rooi­bos­tee ge­hoor het nie, is waar­skyn­lik on­der ’n kal­koen uit­ge­broei. Maar het jy ge­weet dis ook goed vir jou tuin?

Mar­ga­ret Ro­berts, SuidA­fri­ka se kruie­ko­nin­gin, sê rooibos is ’n fan­tas­tie­se na­tuur­li­ke be­mes­ting­s­tof wat sy al don­kie­ja­re in haar kom­pos ge­bruik. “Dit ver­hoog die stik­stof­vlak van jou grond en be­vat voe­ding­stow­we en spoor­mi­ne­ra­le wat be­vor­der­lik is vir groei. Moet nooit rooi­bos­tee­bla­re of -sak­kies weg­gooi nie – ge­bruik dit saam met groen­te- en vrug­te­skil­le om kom­pos te maak, of gee dit vir jou erd­wurms.”

Die tuin­bou­kun­di­ge en skry­wer J.J. van Rens­burg is ook ’n aan­han­ger. “Skeur jou ge­bruik­te rooibos­tee­sak­kies oop en strooi die bla­re om plan­te om slak­ke en an­der pes­te die ha­se­pad te laat kies.”

Pro­beer ge­rus ook die vol­gen­de wen­ke: • Ge­bruik nat rooi­bos­tee­sak­kies om die bla­re van huis­plan­te af te vee – hul­le sal die voe­ding­stow­we ab­sor­beer. • Week ge­bruik­te rooi­bos­tee­sak­kies in wa­ter (ka­mer­tem­pe­ra­tuur) en gee dit vir jou pot­plan­te. • Gooi ’n laag rooi­bos­tee­bla­re of -sak­kies on­der­in die pot wan­neer jy ’n pot­plant plant – dit sal wa­ter ab­sor­beer en aan die plant be­skik­baar stel. Lees meer by sa­rooi­bos.co.za Arts & Crafts Ram­ble, Wak­ker­stroom 16-19 Ju­nie 2016 Gaan kui­er vir die na­week op dié sjar­man­te dor­pie, drie uur per mo­tor van Jo­han­nes­burg en P­re­to­ria af, en woon die der­de Arts & Crafts Ram­ble by waar plaas­li­ke en an­der Suid-a­fri­kaan­se kuns­te­naars hul­le werk uit- Wilds­fees & Dui­we-fly-inn, Vic­to­ria-wes 24 & 25 Ju­nie 2016 Dit gaan be­hoor­lik kook in die hart van die Ka­roo om geld in te sa­mel vir Vic­to­ria-wes se ou­e­te­huis en pri­vaat­skool: riel­dan­sers, ’n vei­ling, bier­tuin, berg­fiets­uit­da­ging, kos­stal­le­tjies, ’n 4x4-hin­der­nis­baan, jag­pak­ket­te, die jaar­lik­se dui­we­wed­vlug (met ’n eer­ste prys van nie min­der nie as R80 000!), ver­maak vir die kin­ders, loot­jies om wilds­vleis te wen, ’n skoon­heids­og­gend, be­ken­de san­gers... In­ni­bos-kuns­te­fees, Nel­spruit 29 Ju­nie-2 Ju­lie 2016 Van­jaar se pro­gram is weer boor­dens toe vol mu­sieken te­a­ter­pro­duk­sies, en die fees­ter­rein spog met ses ver­hoë, stal­le­tjies en meer. Be­spreek by Com­pu­tic­ket. Kon­tak in­ni­bos.co.za

Arts & Crafts Ram­ble

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.