Raak weg in die ber­ge...

Weg! Platteland - - Kom Kyk Nou! -

Pie­ter Vis­ser en Wyn­and En­gel­brecht het pas hul­le laas­te ek­sa­men af­ge­lê om toe­re in Bar­ber­ton se ber­ge te doen on­der die naam van hul­le nu­we on­der­ne­ming, Dus­ty Tracks Off Ro­ad Ad­ven­tu­res. En hul­le moes ’n he­le klom­pie daar­van skryf – daar was ’n ba­sie­se toer­gids­kur­sus, ’n vlak Iii-nood­hulp­kur­sus, ’n o­pen­ba­re ry­be­wys en selfs ’n voer­tuig­her­win­nings- en he­li­kop­ter­red­dings­kur­sus – jy moet weet hoe om ’n he­li­kop­ter in die ber­ge te help land as daar ’n nood­ge­val is.

Hul­le moes ook wyd on­der­han­del om toe­gang tot van die ge­bie­de te kry – met van San­par­ke en die Moun­tain­lands-na­tuur­re­ser­vaat tot my­ne en pri­va­te grond­ei­e­naars. Ja­re se werk. En ja­re se rond­ry en ver­ken­ning.

Dis ru­we ter­rein waar­heen hul­le jou vat – Wyn­and-hul­le wys na sig­sag-paad­jies teen die berg wat plek-plek tot 60 loop. “’n Mens kan skaars glo die Voor­trek­kers is met os­se­wa­ens hier uit! Ons vra maar al­tyd vir men­se oor hoog­te­vrees en kan­tel­vrees...”

Al t­wee is óú Bar­ber­ton­ners. “As die plek eers in jou bloed is, dié ber­ge en na­tuur, is dit moei­lik om aan iets an­ders ge­woond te raak,” sê Pie­ter. “Wat sleg is, is die klein­dor­pie­goed, soos skin­der.”

“Ja,” be­aam Wyn­and. “Al­mal ken vir al­mal. En dié wat jy nie ken nie, ken vir jou!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.