BE­SON­DER­HE­DE

Weg! Platteland - - Kom Kyk Nou! -

Het jy al ge­won­der hoe dit moet voel om diep in die bos se geil­groen on­deur­dring­baar­heid te wees? Die wê­reld van Da­le­ne Mat­thee se sto­ries, mas­sie­we geel­hout­bo­me en geil mos­se, va­rings en hout­kap­pers? Wel, jy kan. San­par­ke het B­he­ja­ne 4x4 Ad­ven­tu­res die eks­klu­sie­we reg ge­gee om dag­toe­re deur hier­die be­son­der­se bos­wê­reld aan te bied.

Op dié dag­uit­stap­pie kan jy e­nor­me geel­hout- en stink­hout­bo­me, va­rings, li­g­e­ne, mos­se, bloudui­kers, bos­bok­ke en loe­ries met jou eie oë sien. En wie weet, mis­kien selfs ’n Knys­na-o­li­fant...

Maar dis nie net ’n ry-en-kyk-toer hier­die nie. Jy sal ook leer van die Bos se ei­e­soor­ti­ge fau­na en flo­ra, die ont­be­rings van I­ta­li­aan­se ne­der­set­ters en hout­kap­pers, en ook van ver­lo­re rei­si­gers.

Ons kry me­kaar by die Sa­sol-vul­sta­sie in Har­ker­vil­le, langs die N2 tus­sen Knys­na en P­let­ten­berg­baai. Hier sal die B­he­ja­ne-span die ver­loop van die dag ver­dui­de­lik en twee­rig­ting­ra­dio’s uit­deel voor ons in die bos­paad­jies val deur die Diep­wal­le-ge­bied van die in­heem­se bos – die ge­bied waar die ont­wy­ken­de Knys­na-o­li­fant glo wan­del.

Die eer­ste ent is ’n ge­wo­ne grond­pad deur die woud, en ons eer­ste ken­nis­ma­king met ’n ver­ti­ka­le ta­pyt van in­heem­se bo­me: geel­hout, stink­hout, ka­lan­der­geel­hout, wit­els, ys­ter­hout, boe­ken­hout, es­sen­hout, wit­peer, bos­vlier, kers­hout...

Dan raak die bos ge­lei­de­lik dig­ter, die paad­jie ál nou­er en die roe­te neem ons ver­by bo­me wat só ruig is dat dit selfs die dag­lig af­skrik. En o­ral tus­sen die Kaap­se swart­hout, klip-els, va­der­lands­rooi­hout, keur­boom, kwar en wit­stink­hout staan die geil­ste va­rings.

As ons stil­hou om lit­te los te maak sal jy kan hoor hoe van die bos se so­wat 40 in­wo­nen­de bos­vo­ël­spe­sies klink: die piet­my-vrou se ken­mer­ken­de roep, die duif se ge­koer, die loe­rie se kok-kok-kok.

Op een van die fyn­bos­be­groei­de oop­tes in die koel ske­mer­wê­reld van die diep bos sal ons weer s­top.

Dis op ei­lan­de soos dié waar die bos se be­ken­de hout­kap­pers ge­woon het.

Hier­van­daan raak die paad­jie nóg smal­ler, nóg meer kron­ke­lend, en die va­rings wil-wil die pad toe­groei. Ons sluit die toer af met ’n mid­dag­e­te wat ge­maak is deur vroue van die plaas­li­ke ge­meen­skap by die Diep­wal­le­bos­bou­sta­sie. Hoe lank is die toer? Dis ’n dag­uit­stap­pie wat om 08:30 be­gin en kort ná mid­dag­e­te ein­dig. Wan­neer? Al die dae van die jaar (be­hal­we Kers­dag). Jy moet net een dag voor­uit be­spreek. Het ek ’n 4x4 no­dig? Nee, jy kan dit ook in ’n 4x2 ry. Waar­van­daan ver­trek die toer? Van die Sa­sol-vul­sta­sie in Har­ker­vil­le langs die N2 (half­pad tus­sen Knys­na en P­let­ten­berg­baai). Wat moet ek bring? • jou­self en jou ge­sin • jou eie voer­tuig en brand­stof • jou eie drink- en peu­sel­goed En kos? Mid­dag­e­te by die Diep­wal­le­bos­bou­sta­sie is in­ge­sluit, en ons s­top by een van die ri­vier­krui­sings vir kof­fie, tee en vars vrug­te. Hoe­veel kos dit? R400 p.p. (R200 vir stu­den­te; R100 vir kin­ders o.10). Die toer­prys sluit in: • park­toe­gangs­geld • twee­rig­ting­ra­dio’s • mid­dag­e­te • ’n pro­fes­si­o­ne­le toer­lei­er en er­va­re gids • Ont­hou: Net vyf voer­tuie per toer

word toe­ge­laat. Wat nog? Hier­die is geen­sins ’n teg­nie­se 4x4-roe­te nie en geen vo­ri­ge 4x4- on­der­vin­ding is no­dig nie. In­dien daar sleg­te plek­ke op die pad is, is die B­he­ja­ne-span met hul­le on­der­vin­ding en her­win­nings­toe­rus­ting by­der­hand om al­mal vei­lig aan die an­der kant te kry.

Die toer­lei­er van B­he­ja­ne 4x4 Ad­ven­tu­res en ’n op­ge­lei­de veld­gids is te al­le tye met twee­rig­ting­ra­dio’s in ver­bin­ding met el­ke voer­tuig en deel graag hul­le ken­nis van die na­tuur, veld­ry en die ge­skie­de­nis van die ge­bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.