A­let­te de Beer en Ber­tie Coet­zee

Weg! Platteland - - Wild & Wonderlik -

LOWERFONTEIN, NOORD-KAAP Por­se­lein­blaar, geel­su­ring en mo­ro­go

Die plaas Lowerfontein na­by P­rie­ska is mid­de-in ’n trans­for­ma­sie­pro­ses.

“Ons is be­sig om na ’n meer di­ver­se, na­tuur­li­ke stel­sel oor te ska­kel... om die bi­o­di­ver­si­teit te her­stel,” sê A­let­te, vrou van Ber­tie, die ses­de ge­slag wat in die om­ge­wing boer.

Eet­ba­re on­kruid vorm ’n wel­ko­me deel van die eg­paar se e­tes: “Ons het ie­wers ge­lees por­se­lein­blaar is baie ge­sond en lek­ker, en toe be­sef ons dit moet die vark­slaai wees wat in die so­mer o­ral groei – selfs op sy­paad­jies in die stad. “Soms is daar meer eet­ba­re on­kruid in ons groen­te­tuin as die mak groen groen­te!” sê A­let­te.

Op ’n va­kan­sie na Mo­sam­biek in 2003 het sy “groen goed” ge­ëet wat saam met grond­bo­ne en melk ge­kook is. Dit was die eer­ste keer dat sy haar mond aan wil­de groen ge­was­se ge­waag het. “Ek het dit nooit ver­geet nie, want dit het won­der­lik ge­smaak en dis im­mers gra­tis kos.”

Al­ma van Zyl, Ber­tie se ou­ma, het die paar­tjie t­wee jaar ge­le­de ge­wys hoe om mo­ro­go uit te ken en dit soos spi­na­sie gaar te maak. “Daar is iets by­na ro­man­ties om op ’n kos­snuf­fel­tog te gaan en wil­de kos­se uit te soek, am­per soos pre­his­to­rie­se men­se,” sê sy.

@a­let­te.wa­ter­boer @bi­o­boer­tie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.