Y­vet­te van Wi­jk

Weg! Platteland - - Wild & Wonderlik -

HOEKWIL, WES-KAAP Mis­bre­die

Dié et­no­bo­ta­nis en skry­wer woon in die heu­wels bo Wil­der­nis en sit graag mis­bre­die­mo­ro­go voor vir die Hoekwil Book­worms, haar boek­klub – “om ’n punt te maak”, sê sy. “Ek maak dit soos spi­na­sie gaar. T­rek die bla­re van die stam af – die saad is lief­lik, am­per soos quin­oa – en laat dit ef­fens sag­ter word voor­dat jy uie en ta­ma­tie by­voeg en dit oor aar­tap­pel voor­sit.”

Y­vet­te het groot­ge­word op Paar­den­vlei, ’n plaas na­by T­wee­spruit in die Vry­staat. Sy ont­hou Se­li­na Li­ront­so Mon­na­ru­ri, ’n tie­ner wie se ou­ers (“Ba­ro­long-ko­nink­li­kes”) ook op die plaas ge­boer het, het haar al­les oor die eet­ba­re ge­was­se in die om­ge­wing ge­leer. “Ek kan ont­hou die vroue wat in die huis ge­werk het, het al­tyd hul­le mo­ro­go met ons ge­deel.”

Dié klein­tyd­se er­va­rings het ’n diep waar­de­ring vir plaas­li­ke plan­te in Y­vet­te laat ont­waak. Sy het reeds drie boe­ke ge­skryf, was stig­ter en ku­ra­tor van die Suid-kaap­se Her­ba­ri­um op Ge­or­ge, en is be­sig met ’n PH.D. in ar­ge­o­lo­gie en bo­ta­nie aan die R­ho­desu­ni­ver­si­teit oor die plan­te­groei na­by ar­ge­o­lo­gie­se ter­rei­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.